If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

As Somers Winter braak

Hoe griffel jy as mens -
silwersoet herinnering,
as die vlymskerp dolk,
jou hartmuur binnedring.

Hoe vrysweef jy soos arend -
op wasem van wonderwolk,
as jou drome weer verbrokkel,
soos jy liefde krom vertolk.

Hoe loop jy die laaste myl -
as horisonne swart ontwaak,
oor verspilde kleurlentes,
wat in die somer winter braak.

Hoe vra jy genade van Bo -
uit Skepper se vry kelkhand,
wanneer jy alles opoffer,
om in Sy oorwinning te glo.

Hoe twyfel jy nietige mens -
kyk net na die mier se spens,
Hy sal wel die laaste myl,
tree vir tree saam verwyl.