If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Geduldig

Voortrekkerkappies bibber in wind
agter in tent kerm ’n koorsige kind
ketels en kanne kletterend aan die wa
oslywe beur om die swaar vrag te dra
 
met die sweep wat wild weer klap
bly die span rooies gedweë aanstap
seilsak met lafenis word afgehaak
en stofkele word suinig natgemaak
 
oor berge deur klowe sukkel beweeg
die pad is lank en geduld loop leeg
maar voor in die wapad brand ’n lig
die volgende koppie blink reeds insig
 
kophou, koershou en moedhou
want hul Stuurman bly altyd getrou