If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Hierin Geld JY

my alles om in te deel
’n glimlag vir jou bewaar
en wanneer ons dan
herinneringe liefderyk streel
saam in die droom wegvaar
 
seldsame woestynblom
wat ek wyd en syd
geloop het om te haal
sodat jy kan luister
na sy eensame verhaal
 
die aangemaakte sement
wat my hartmure omsluit
om krake en skeure
dig toe te messel
en alle indringers te stuit
 
die smaak van my souttraan
as dit biggel oor elke wang
en daarmee saam
die soet van my lippe
waar ons tere liefde vasvang
 
my opstaan, lief en leed
deel dit dan saam
sodat ons beide weet
en nooit ooit sal vergeet
waardeur ons vasbyt moes vreet