If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Is dit dan nie genoeg

gebruik jou gegewe lense
om voëls van die hemel
en natuurskoon te bewonder
luister na soete klanke
van vlerkvriende
met misterieuse sononder
en raak dan tjoepstil
drink dit met oorga’ in
 
loop hand aan hand
woordeloos op strand
laat soutsproei jou hare lek
en toon opregte respek
aan geheime oseaan
want menige skeepswrak
het hul bittere weg
na sy bodem gebaan
 
ruik stomende moerkoffie
en lekker anysbeskuit
vroeg in die oggend
as blinke keteltjie fluit
waardeer elke krieseltjie
want dis slegs aan jou geleen
tydelik is jy hier op aarde
wees dus van goue waarde
 
neem niks as vanselfsprekend
maar wees dankbaar oor wat jy het
net genoeg nodig daagliks
want weelde beteken niks
menige het alles verloor
dis egter nie die val
maar die opstaan wat tel