If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Jy's Vergewe Pa

Op pikswart hings se rug
kordaat jou diens verrig
jou selfgekose plig
in duister sowel as lig
 
Beroep het jou denke geskaak
duiwel laat ontwaaak
medemens gal laat braak
met saltpeter nasmaak
geliefdes afgekraak
 
 
Polisiemag jou menswees gevreet
van vrede, harmonie laat vergeet
Oortreders uiter bittere kreet
omdat hul nie wette weet
 
Sweep het suigling oopgekloof
van kindwees wereld beroof
ineen laat krimp halfdoof
wyl Moeder haar afsloof
 
wie is ek om te vewyt
vandag is ek nie spyt
jou lewensboek het jy self gesluit
God houvas die afmerkkryt
 
Jou sondes lê ek neer
aan die voete van die Heer
om sodoende daardeur
nagelsag verhoed van ontbeer
 
jy is lank reeds vergewe Pa
ek het vergifnis van Hom gevra