If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Lied van die See

die lied van die see
met heimwee in haar stem
het saggies met sproeiwink
nader aan haar geroep
meganies in tranewaas
het sy sonder versuim
kruipend nader gehaas
 
sy wou aandagtig sit en luister
na haar onheilspellend’ woord
gaan sy neurie oor die toekoms
of vandag, hier en nou
saggies in suiwer supraanstem
in haar afwagtend’ oordrom fluister
 
seewier om haar enkels
groenslym gestrengel
gehurkend, afwagtend
op die stem van ‘n engel
slegs ritmies die hartseer huil
van weduwee moederdolfyn
proe sy ook haar trane in sout
soos haar hart vir haar pyn
 
moeder oseaan
weerhou aspris haar lied
weet sy dalkies meer
verberg sy in skeepswrak
en bruinspoeg op strand
of wil sy met stilswye
dalk moederlik keer
dat sy seerkry en verbied
om die reeds wankelbrug
na haar hart te verbrand