If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Minnelied in die Berg

In ’n koel-lawend bergpoel,
hoog teen die berg se hang,
rangskik ek goue liefdeskrale,
in lowergroen mos vasgevang,
groot-oog waterskilpad -
loer uit verweerde skuit,
as palmtak se minnelied,
ons na vêr droom verskiet.

Meganies retireer deur -
magies-waterval sproeireën,
waar hand, hart, honger lippe –
mekaar vleg-strengelvind.
Skoenlapper in Skepperkleure,
meesterlik uniek aangekwas,
fladder-vlieg, flikflooi speels,
met lawwe naaldekoker-kind.

Visarend stagneer halfweg -
deur swiep- vryval-aksie,
gewaar waterval toneel,
en deel in hoof attraksie.
Takbokke huppel-trippel,
ritmiese horing-tanga,
as Waterlelie mallemeule,
walsend sirkelkring bring.

Bergvarings buig laag,
as stil- waardeer ovasie,
en figure amalgameer,
wyl natuur luid apploudeer -
as suiwer water, volmaak-
liefde en elk’ unieke dier,
voor Sy skepping-oog -
rondomtalie seevier.