If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Reën-Lelie

Hartseer wieg jou kelk in die wind,
wreed deur voëlsnawels verslind,
deur reuse omring wat bo jou troon,
verhoed kosbar’ sonstraal op jou kroon.

Wagtend op die uur van tien,
om dierbar’ son se strale te sien,
stammetjie beur swaar na bo vol pyn,
amper middeldeur, vinnig aan’t kwyn.

Hierdie seisoen is gedoem vir my,
aanval enorm van natuur en by,
met blare geskeur, druppende gom,
vaal en verlep die kleur van my blom.

Kelkblare omhels stuifmeel en vrug,
stammetjie knak met hoorbare sug,
my tyd is verby - ek kon my nie skaar,
so ondergrond wag vir volgende jaar.