If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Volmaakte Vrou

sy moet ’n gloof besit in tonne geweeg
vervangbare dele wat werk en beweeg
verskeie geliefdes gelyktydig omhels
’n drukkie gee en heel wat stukkend is
van ’n gekneusde knie tot ’n flenter hart
 
dalk ongelooflik met slegs twee hande
maar sy moet kan sorg vir liefdesbande
nie alleen moet sy positief kan dink
maar ook redeneer en onderhandel
 
daarby voeg ons ongelooflik sterk
probleme hanteer en veg vir waarin sy glo
nog een enkele formidabele kenmerk
swaar laste dra en ongeregtigheid beveg
 
sy omvou geluk, liefde en opinies
veg met glimlag in die voorste linies
as sy voel om te huil, moet sy kan sing
en in vrees ’n glimlag na vore bring
 
haar liefde moet onvoorwaardelik wees
haarself kan gee sodat familie oorleef
vriendin wat vrees na geneesheer neem
as haar moed haar soms begeef
 
sy moet kan huil as kinders presteer
gelukkig wees as vriende floreer
besef dat ’n kus gebroke harte kan heel
maar nooit haar werklike waarde vergeet