If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Waar is ‘n plek

Waar is ‘n plek waar jy stil kan raak,
natuur, dierelewe in sirkel ontwaak,
met vrugteboorde enorm groot,
eet almal lustig-ongestoord voort.

Waar is ‘n plek vol sprankelfonteine,
sonder suurwater-afval van myne,
groen grasperk om aardbol drapeer,
‘n wagstaan engel om seer te keer.

Waar is ‘n plek wat onwerklik wink,
elk kan daar ‘n vreugde-glas skink,
bekommernisse agterweë gelaat,
almal ordentlik met mekaar praat.

Waar is ‘n plek met uitstrek wye oseaan,
mens al jou hartseer en sorge laat gaan,
o gedoriewaar, sou dit nie wonderlik wees,
as ons almal nou daar vergader in gees.