If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Die Boodskap

(Vir: Leonard Koza)


Nog ’n boom
het in die digterswêreld geval.

Petro Rhode epos my. Het jy gehoor?
Wat gehoor? Tussen woorde. Die knal?

Leonard, ek roep jou voor my geestesoog
ek hoor jou nog voordra, ook jou betoog

teen onreg rassisme venyn mishandeling
hoe jy alles vir ons, joú mense wou regskryf

ons kon ook lekker saam lag as jy
draaksteek met ’n skerpioenbyt in die lyf

jou bydrae tot AFRIKAANS sal ewig bly staan
vir nageslagte om jou poësie in diepte na te gaan

vanoggend toe ek daglig inasem deur my luik
lees ek jou naam in wasem Leonard Koza teen my ruit...