If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

'n Vooraf Woord tot die Gedigte

Sommige denkende mense voel een of ander tyd die behoefte om iets blywends tot stand te bring of te skep – iets van waarde – huis of ‘n plaas, ‘n besigheid of ‘n boedel, ‘n gedig of ‘n gedagte – iets wat aan hom of haar ‘n mate van blywendheid, selfs “onsterflikheid” kan verleen. So ‘n mens wil nie net sterf en dan net “weg” en vergete wees nie. Plase en boedels is goed en wel, maar nie alles wat nagelaat word se waarde kan in reële terme bepaal word nie.

Wat is die “waarde” van ”Stille Nag” of “Eine Kleine Nachtmusik”, Eugene Marais se “Winternag” of Fagan se “Ek het ‘n huisie by die see”? Theo Wassenaar sê:

“Ek nietigste kristal
die skepping het ook my sy doel gegewe: 
een polsslag in die ritme van die heelal.”

En Kahlil Gibran kon maar die digters bygevoeg het by die sangers en dansers en fluitspelers van wie hy geskryf het: “want ook wat hulle bring, al is dit uit drome geweef, is kleding en voedsel vir die siel”.

Dit alles is woorde, melodieë, gedagtes en gedigte met “waarde” en blywende  skoonheid – vir baie jare nadat hulle skeppers reeds verby en vergete is.

Hierdie paar verse gaan my nie blywendheid verleen nie. Dit is maar net my manier om, onder andere, my volslae verwondering oor God en sy onbegryplike Skepping te verwoord. Ook wil hulle maar net sê wat ek gevoel, gedink en beleef het, en iets nalaat wat dalk eendag iemand se “siel sal voed” - en dit in my pragtige moedertaal – Afrikaans.

Pretoria
Desember 2009

Biografie

Hennie is op 27 Februarie 1940 (Majubadag) op Otjiwarongo in die destydse Suidwes-Afrika gebore as die tweede kind van eenvoudige, godvresende Boeremense.

Hy het sy skoolopleiding op Landbouskool in die Vrystaat voltooi en in 1968 sy Meesterssgraad in Ekonomie ontvan aan die Universiteit van Stellenbosch.

Gedurende sy loopbaan was hy elk jaar in diens van Sanlam in die Paarl en het daarna vir veertien jaar in die distrik van Montagu geboer.  Vandaar sy liefde vir die Boland en die Klein Karoo.

Hy het vir lank in Pretoria gewoon, is semi-afgetree en verwyl sy vrye tyd deur goeie musiek te geniet en wyd te lees. Sy "sagte plekkie" is sy Bonsmarabeeste op 'n vriend se plaas in Oos-Transvaal (Mpumalanga).

Hy het drie seuns en sewe kleinkinders in Atlanta, Georgia, VSA, en 'n dogter en een kleinseun in Durbanville in die Kaap.

Hy hoop om sy laaste dae in sy geliefde Suidwes (Namibië) te slyt.

Biography

Hennie was born on 27 February 1940 (Majuba Day) in Otjiwarongo in the former Southwest Africa as the second child of simple, God-fearing Boer  folk.

His schooling was completed at the Agricultural school in the Free State and in 1968 he did his Masters degree in Economics at the University of Stellenbosch.

During his career he was in service of SANLAM for 11 years in Paarl, and then for 14 years he farmed in the Montagu district. Hence his love for the Boland and the Small Karoo.

Presently he lives in Pretoria. He is semi retired and passes much of his time enjoying good music and reading widely. His "soft spot" is undoubtedly with his Bonsmara cattle on a friend's farm in the eastern Transvaal (Mpumalanga).

He has three sons and seven grand children in Atlanta, Georgia, USA and a daughter and one grandson in Durbanville in the Cape.

He hopes to spend his last days in his beloved Southwest (Namibia).