If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Die Langeberge

Rustig en gedweë
lê hy die eeue daar
om waters van die winters
in sy are op te gaar,
en sneeu en ys van voordagkou
en soggens elke druppel dou.
 
Die spons wat opsuig en weer gee
wys grysgrou kranse vir die Klein Karoo
en sy groenkant vir die see
en snags hoor jy die huilwind sny
deur Donkerkloof en Rietvallei.
 
Maar somers oor die middaguur
word hy koorsig van die hitte
en hyg van dors en gloei soos warm as –
‘n brandpunt van die son se vuur.
 
Teen skemer kom sy wolkkombers – donssag
en sak hy in beswyming weg.
Dan glim hy in ‘n waas van grys fluweel
en sluimer in genade van die nag.