If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Fakkels

Drie seuns gee ek my land –
drie manne en ‘n mooie meisiekind.
Vier offers wat met bloedverband
hul bakens aan die Suide bind.

Drie vind in die vreemde orde,
vryheid en beskaafde norme,
maar een dra stil die wit banier
te midde van die chaos hier.

Vier fakkels wat die lig sal dra
met bakens in Suid-Afrika.