If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Professor, doktor, grootmeneer
multimiljoenêr en direkteur,
minister, voorsitter en baas -
die hele lot ‘n groot geraas.

Mens,
van nietigheid is jy omgewe
niksseggend jou bestaan
en al wat jy besit genade
eer jy tot niks vergaan

want stof is jy tot stof
aan verganklikheid gebonde
jou lewe ‘n gedagte lank
jou glorie ‘n sekonde.