If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Merrievul

Elf maande het ons op jou gewag
en toe jy kom – half een die nag –
was ek daar
en Henk en Adelien*.
Ons brand om jou te sien.

Met daglig – onseker en onvas
op jou lange bene –
maar Carmen sigbaar trots
op haar eerste ene.

So groei jy op vir ons plesier.
Is jy ons kind of is jy dier?
Jy hardloop, spog en speel
om perd te wees is een te veel!

Toe – op sewe maande
die aaklige skrikboodskap!
Staaldraad sny ‘n sening af –
die spuitnaald sny die lewe af.

Langs die spruit het ons jou weggebêre
hartseer – in die diep koel sand.
Sal ek eendag, dalk, my merrievul,
jou hoor runnik in die ander land?


                            * Die digter se kinders.