If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Spatsels

Mensekind gewaar om jou die skoonheid
spatsels goud uit die Skepperhand.
Die vol-oop roos se reinheid
of sonsopkoms oor ons Suiderland.

Onthou dan as jou pad te steil word
die stem van God in die donder
of die onskuld aan ‘n kind se lag
en die hemelboog se wye wonder.

As die moed te min en die hart te swaar word
en jy weet jou siel het dors
sien die maanlig oor die branders
of ‘n baba aan sy moeders bors.

Luister dan na Mozart en Vivaldi
en lees weer een Korinthiërs dertien.
Mens – hou vas aan al dié skoonheid
totdat jy die son weer sien.