If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Herfsswaels

Vroeg Mei sien ek weer die swaels
raaklings oor die water skeer
en op en neer hul vlerkslag
teen die herfsson keer  
en oor veld en vlei en krans  
hul Ode aan die Skepper dans.
 
 
Hul swenk en swaai en duik en draai
 en in brose dartelvlug
ets hul die naam van God
teen die helder middaglug.