If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Voortydse Vryer

Ek ry die voshings op ‘n kortgalop
om die jawoord te gaan vra
op Oujaarsaand by die donkerkop
by Bessie van Oom Havenga.

Maar dié kry toe die bangwordkoors
en koue voete nog daarby.
Nou hoor ek dis ou Rooibaard Floors
wat dese dae daar gaan vry.

Ek trippel nou met die sweetvos op
die stofpad na Maryna van Tant Sannie.
Sy’s ‘n mooie blom met ‘n ligtekop
en ek leer haar soen want sy sê sy kannie.