If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Die dorre Karoo

(Na aanleiding van ‘n berig in Die Burger 27 April 2011)

© Ruben Bentley  - Uitenhage 5/13/2011
Karoo, Karoo só mooi tog só dor.
Jou naam mooi bekend.
Jou struike plante in dié halwe woestyn.
Vergeet van “fracking”

Hoekom “gefrack” op soek na skaliegas,
om jou te laat vrek.
Jy vrek alreeds deur droogtes.
Jou water is skaars,
raak nog skaarser deur aardverwarming.

Nou wil dieselfde Rondekop gedierte
wat aardverwarming veroorsaak.
Jou ook misbruik om joú te belemmer.
Jou ondergrondse water besoedel.

Jy die moeder van vele liefdevolle mense,
wat ingepas geskaaf is om hier te oorleef.

Jy die moeder van gediertes
wat hier leef voortplant.

Jy die moeder van swaarkry
wat weet hoe om daaruit te kom oorleef.

Mooi is jy na ‘n goeie reënbui.
Mooi is jy as die lente blomme
plante hul gisiggies wys.
Mooi is jy as ek jou deur ‘n vérkyker
jou beloer vir kilometers aaneen.
Mooi is jy as jakkalse teen berghange tjank.
Mooi is jy as die Diderick voël land
rondom Oktober elke jaar vir ons sê,
Kersfees het gekom met sy wysie… “Krismes Ufikile”

Mooi is jy as die aasvoëls sweef,
in die hemelruim onderweg na ‘n karkas iewers,
wat hulle sal verslind ‘n kaalkol laat.

Mooi is jy as ek een van jou boorlinge ontmoet,
luister na die suiwer Afrikaanse taal,
die uitspraak daarvan.

Mooi is jy as ek luister na die doodse stilte,
wat ek lankal voor smag.

Mooi is jy as die stilte my aanpor om met
mý God te praat, te bedank vir wat Hy ons gee.

Nee Karoo, ek stem geheel en al
nie saam met dié “gefracking” wat
op jou beplan word nie.
Jý met soveel herinneringe,
belange sal tot niet gaan.
Lewe sal tot niet gaan.
Gesig sal tot niet gaan.

Of dit nou “fracking” of “hidroëliese breking” is
of in watter taal die proses vertaal word,
dit bly ‘n nee vir my.

Die Karoo-mense omgewing bewustes
kan dankbaar wees,
hulle het die sakemagnaat
Johan Rupert in hul kamp

Totsiens
Ruben Bentley
Ooskaap

trl