If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Die Eerste Hoenderkraai

Wie kan my tog sê,
hoe laat die eerste hoenderhaan kraai?
Hoekom die hoenderhaan kraai?
Vra ek oom Kerneels
weet hy nie.
 
Kom ons probeer,
gisteroggend was dit drie-uur,
vanoggend was dit kwart oor drie,
die ander oggend was dit half drie.
Oom Kerneels, maar hoekom is dit dan so?
 
“Ou seun jy sal ook uitvinne
die tweede, derde is ook nie dieselfde tyd“
 
Ja oom, maar dit lyk of die gekraai my “beat”
 
Ek hoor hoenderhane kraai deur die dag, sê vir my die wind gaan môre waai.
Is dit so oom?
 
Hoor ook hoenderhane kraai twaalf uur die aand, om my te sê more sal daar mis wees.
Hoe dan so oom?
 
As een hoenderhaan kraai
hoor jy die ander volg,
in ‘n deuntjie van elk,
‘n stem van elk.
 
Niemand sal weet hoe laat die hoenderhaan sal kraai.
Niemand sal weet hoekom die hoenderhaan kraai.
 
Oom dit bly ‘n geheim tussen  Petrus en God.
Dit lyk ook die wetenskaplikes skuil vir die een.
 
Oom laat weet hulle om die hoenderhaan se kraai
te ontleed,
ernstig opneem,
miskien lê daar baie geheime in die kraai.
Maar ek weet nie so mooi,
dit lyk die gekraai gaan hulle “beat”.
Hulle lyk vir my te lig vir hierdie een.
 
“Ou seun, die hoenderhaan se gekraai het my lankal “gebeat”.
 
Ek moet eerlik wees oom, ek is lankal  “gebeat”.
 
Mooi bly Oom Kerneels en luister na die eerste hoenderkraai môre oggend.