If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Die opsaal van 'n perd

Hoe kry ek die perd gevang?
in ‘n hoek van 90°.
Radius te groot vir man alleen,
elke keer glip die perd uit my uit.
 
Roep ek vir hulp
werk dit goed.
Toom in my hand,
stadig nader
tot by die kop.
Trens mooi in sy bek.
Toom mooi oor die kop
 
Val dit my by,
dié perd is hard in die bek.
Bring ‘n ander toom met ‘n stang.
Stang in die bek.
Toom mooi oor die kop.
 
Volgende is die saal op sy plek.
Kleitjie eerste op die rug.
Saal volgende op die rug.
Bytgort vas gestrep,
maar nie op sy merk.
Wat nou?
My oorlede pa het my geleer,
as dit gebeur blaas die perd homself op.
Hoekom doen hy dit?
Om jou ‘n les te leer.
 
Voor jy klim.
Stubeels gestel volgens die armlengte.
‘n Skop onder die pens,
afgeblaas is die pens.
Bytgord vasgestrep tot op die merk.
 
Die laaste is die “spot check”
Stang met ‘n ekstra tou onder die kenketting -
verhoed die perd om die stang op te slaan of vas te byt.
Springstewels -
verhoed die perd om te spring.
Bytgort op sy merk -
verhoed die saal om nie af te skuif.
Perd se oog met rooi om die oogappel -
gevaarlike perd
Uitlaatpyp met klein voorkoms -
gevaarlik  vol vuur en geen einde
Stubeels moet nie gesluit wees aan die saal
dit sal help om uit te gly indien nodig.
 
Saal hom op neef Gert, maar moenie vergeet die ”spotcheck”.
Net jou skoene se punte aan die stubeels,
anders gaan neef op die grond lê.
 
Totsiens neef en lekker ry.