If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Die Reistog van die Mens

Mens die dag met jou geboorte,
het jou reistog letterlik begin
deur die lewe.
Die punt van wegspring
is vol van drome.
Gekenmerk deur baie dinge.
 
Spring jy weg,
lê die onbekende pad voor.
Pad met moeite en verdriet.
Jou roete is alreeds bepaal.
Padtekens is orals te sien,
soos David Kramer sê
“die pad loop op”
“die pad loop af”.
 
Kom jy by die eerste draai,
is dit net moeite.
Kom jy by die eerste pas,
lê swaarkry oopgevlek.
Gesukkel om daar bo te kom.
 
Kom jy by die einde van ‘n pas,
dink jy dis die einde van alle passé.
Nee daar lê nog voor.
Kom jy by die einde van ‘n afdraend,
bid jy die hele pad moet so wees.
Nee dit is onmoontlik,
sonder heuwels en passé,
 
Mens jy sal nie kan hierdie lewe deurgaan,
sonder moeite,
verdriet,
draaie,
passé,
opdraend,
afdraend.
 
Mooi bly liewe mens en moet nie eers dink om ’n  4x4 te “try”