If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Kaapse kapokvoël

Vêr weg in die karoo
het ek jou gekry,
in ‘n nessie
gemaak van skaapwol.
 
Pragtig afgewerk.
Skoon geveë voor jou deur.
Netjies rondom jou nessie.
Takke gebruik vir verkenning.
Mooi ingevleg in ‘n Karoo ghwarri boom.
‘n Nessie wat jaarliks ‘n broeisel opbring.
 
Vêrweg met jou maatjie,
alleen in ‘n nessie,
skuil jy agter die skaamte,
sodat niemand jou steur in jou nessie.
 
ek is bly om die voorreg te het,
Om jou te kon sien in jou nessie.
Jou eensame nessie te sien.
 
Ek belowe om nooit eendag, Jou te ontwortel.
Jou leed aandoen.
Want ek weet
jy is baie skaam.
 
Al wat ek weet,
min sal eendag die voorreg het
om jou te sien.
Totsiens skame voëltjie.