If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Kleurling identiteit

O’ Kleurling ons sal miskien die waarheid hoor,
as ons die plek gaan kry waar jou naelstring lê.
Hier sal ons miskien die waarheid hoor.
 
As die DNA toetse die waarheid kan sê.
As die DNA toetse tog jou identiteit kan bepaal.
Die “mitochondrial” DNA studies het alreeds bepaal,
jou herkoms is meestal van die Khoisan.
 
Hier gaan ons!
Jou oupa-grootjie was ‘n wit man.
Jou ouma-grootjie was of ‘n Khoi-San,
of ‘n swart vrou, of ‘n St Helena
Jou oupa was dan wat?
Nou weet ek  nie.
Jou ouma was dan wat?
Nou weet ek nie.
Jou pa was dan wat?
Nou weet ek nie.
Jou ma was dan wat?
Nou weet ek nie.
 
Nou sê die witman jy is ‘n kleurling.
‘n Mengsel wat hy aan gemaak het.
 
Vind ek jou,
in ‘n pot met ‘n mengsel van ’n bietjie van als.
Enige kleur.
Mense van kleur.
“Confused” mense.
Armoedige mense.
Liefdevolle mense.
Intilligente mense.
Mense vol verbeeldings.
 
Nou kan ek sien jy is gemeng.
Nou kan ek proe jy is gemeng.
Met ‘n knippie van als.
 
Bruinmens of Kleurling wat is verkeerd met jou?
Wil jy nie identifiseer word nie?
Wil jy ‘n 'Goffal' genoem word soos in Zimbabwe?
 
Is dit daardie ênt op jou linker bo-arm wat jou “confuse”.
 
Totsiens “Confused” Kleurling.