If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Koi-san is jy daar

Tok, tok
Koi-san is jy daar?
Hoekom is jy nie te vinde in Suid Afrika?
Klop ek aan jou deur  vind ek jou nie,
net jou tekeninge op rotse is te vinde.
’n Geweldige hoeveelheid rotstekeninge nagelaat.
Bevat prehistoriese kunsstukke.
Toon ’n merkwaardige estetiese aanvoeling.
Verbeeld die San se jagtegnieke.
 
Tok, tok
Khoikhoi is jy daar?
Of Khoekhoen-veewagters is julle daar?
Jy het die subkontinent lank voor die Ystertydperk bewoon,
nog minder is jy te vinde.
Jou lewenswyse is deur
Etnografiese,
argeologiese bewyse gerekonstrueer.
jy wat die subkontinent duisende jare voor die Ystertydperk bewoon het,
met jou eie besonderse tale en dialekte
in verskillende geografiese streke.
Met die aankoms van die Europese kolonialiste,
het jy bekend geraak as die Boesmans en Hottentotte.
Name wat rassekonnotasies aangeneem het.
 
Baie is dood tydens oorloë en as gevolg van siektes soos pokkies,
waaraan jy nie voorheen blootgestel is nie.
 
Ongeveer een miljoen - oftewel twee persent Suid Afrikaners
is van Khoisan-afkoms.
 
Van die hoofpunte wat aangespreek moet word,
sluit die konstitusionele erkenning van Khoisan-identiteit, taal en veral grondvergoeding in.
Aangesien die huidige wette net verwys na grond wat ná 1913 geneem is.
Ons Khoisan-groepe is lank voor die datum onteien.
Eenmaal het die hele Suidelike Afrika net aan jou behoort.
Al die rivieroewers,
Grasvelde,
Rante,
Valley, waar die groen-doringbome
mopanies
krematarte floreer.
Nou weet ek wat om te doen
met al die Historiese agtergrond.
My DNA uitslag
in my besit.
 
Daar is net een manier,
is om my land terug te eis,
of om erken te word,
in ‘n vreedsame manier.
 
Tok, tok
Zum-Male.........Verenigde Nasies
is julle daar?
Hoe moet ek maak om erken te word?
Hoe moet ek maak om my land terug te eis?
Laat weet my gou.
Laat weet my nou.
 
Moet ek ‘n afvaardiging stuur,
met al die feite en agtergrond?
laat weet my gou.
 
Nou wil ek ‘n beroep doen op alle geelmensies,
kom ons staan saam,
praat een taal,
een visie,
span saam,
sodat die wêreld kan sien ons bestaan.
 
Mooi bly – en jy sal van my hoor