If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Moeder aarde

Moeder aarde, kan jy my tog sê
hoe oud jy is?
Kan jy my laat weet
hoe oud jy is?
Moet my nie stuur na panteoloë of argeoloë.
Moet my nie stuur van bakboord na stuurboord.
Sal ek dit miskien vind in paleobiologie?
 
Ek is moeg van skat
Wie sal vir my tog sê?
Sal daar tog ‘n boodskap kom
 
Wetenskaplikes sê,
lewe strek terug oor 3,000 miljoen jaar gelede,
moontlik tot na 3,800 miljoen jaar gelede.
Die aarde was gevorm omtrent 4,570 miljoen jaar gelede.
 
Die skat van ‘n argeoloog,
of ‘n paleontoloog
maak my net boos.
Skat maar met jou bytel.
Jy laat my net verder twyfel.
 
Almal vra jou geboortedatum.
Is dit iewers onder jou kopkussing?
Iewers in die hemel gebêre?
 
Net jy sal weet hoe oud jy is.
Niemand sal weet hoe oud jy is.
God sal alleen weet hoe oud jy is.
Die bytel vat ‘n kans hoe oud jy is.
 
Veëls geluk met jou verjaarsdae wat was.
Geluk ook met die wat nog kom.