If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

My eerste soentjie

gedoen in ‘n Citroentjie.
Trek ek haar nader in haar stoeltjie.
Vat haar in my arms.
Druk ek haar teen my vas.
Druk sy my teen haar vas.
Maanskyn straal oor ons.
Sterre glans oor ons.
Haar oë straal in my oë.
Haar asem voel soos room.
Alles van haar is perfek vir my.
 
Hier kom die soentjie.
Lippies maak kontak.
Lyk ek is in die sewende hemel.
Grillings al langs my rug.
Mond oop.
Snaaks genoeg alles val in plek.
Tongetjie weet wat om te doen,
sonder om te sệ.
 
Windskep tyd.
Uitasem is ek.
Uitasem is sy.
 
Dink ek by myself,
so ‘n soentjie was darem die moeite werd.
Al is oom Kallie so bitter,
hy kan maar maak wat hy wil
sy is myne.
 
Gou nog ‘n laaste soentjie,
voor oom Kallie uitkom.
Druk ek haar teen my vas
byna haar asem uit.
 
So oom Kallie vat haar nou vir jou.
Al wat ek weet.
Sy is myne.
Naand liefie
Wanneer sien ek jou weer?
“Weet nie jy moet sê”
 
Ek “mind” nie sal alles doen
net om weer ‘n soentjie te kry,
sodat ek weer in die sewende hemel my bevind
 
Naand liefie