If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

My Gesig

My gesig vertel ‘n storie
Elke gesig vertel ‘n storie
Mona Lisa se gesig vertel ’n storie
Ek sien in haar as
’n Profesionele vrou
’n Weduwee
Liefdes teleurstelling.
Nee, wat dié gesig sê te veel.

Staar ek met my storievolle gesig, andere aan.
Vertel my gesig vele stories.
Wonder wat elkeen te sê het oor my.
Of elkeen dieselfde boodskap kry van my.

My gesig sê of ek
’n Dief is
Bekommerd is
Besitlik is
Dink ek sal nooit sterwe
Gelukkig is
’n Godsman is
Goeie mens is
Hartseer is
Hoogmoedig is
Jaloers is
Kwaad is
Mismoedig is
Ontevrede is
Sagmoedige mens is
Selfsugtig is
Siek is
Skelm is
Skuldig is
Stout is
Strewe na iets
Swaarkry
Teneergedruk is
Tevrede is
Trots is
Verlang na iets
Verlief is
Vol verbeeldings is

Vir my is dit somtyds ’n groot raaisel om ’n teken op ’n gesig te ontleed. 
Kom ons noem dit “Tekens van die mens se identiteit”

Michael Jackson het probeer om  die tekens te ontduik.
Michael,as jy nie gepeuter het aan die houer van die tekens,
Kon jy miskien langer gelewe het.
Al doen jy wat,  jou voorkoms kan jy nie verander met die tekens.

Oom Dawie net as die Arthritis pyne jou het,  wys dit op jou gesig, vanaf voor-aansig, sy-aansig, bo-aansig.
Dit baat nie jy steek weg.

Poppie, jy daar!
Verlief op ’n ander vrou se man.
Hoe weet ek?
Jou gesig sê vir my.
Dit baat nie jy steek weg.

Ek hou my maar op my plek,
sodat Jan Publiek nie kan sien, wie en wat ek is.

Alle gesiggie lesers begin maar eers by Mona Lisa, voordat jy my aanpak.

Mooi bly Gesiggies