If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

My kerkie en ek

Elke Sondag hou ons kerk
in ‘n vervallige geboutjie.
Sing ons saam in die kerkie.
Bid ons saam in die kerkie.
 
Klou ek vas aan die kerkie,
sodat ek na laat ‘n spoortjie.
 
Sondae in die kerkie
maak ons bymekaar ‘n klompie,
wat sal dien as ‘n koortjie.
Die koortjie sing dan koortjies.
 
Woensdae aande in die kerkie,
maak ons die lampies vol vir die kerkie.
Begin ons met koortjies.
Pomp ons die lampies vir die kerkie.
Bid ons almal saam in die kerkie.
 
Elke derde maand het ons nagmaal in die kerkie.
‘n Predikant is te siene in die kerkie.
Kollektes word oorhandig by die kerkie.
As jy nie te sien is in die kerkie,
word jou gedeeltetjie
nie gegooi in jou glasie.
 
So ek bly maar op die spoortjie,
sodat die wêreld kan sien
ek is op die spoortjie.
 
Hoop om eendag beloon gaan word,
op my spoortjie.
 
Al wat ek vra -  Here is ek op  die regte spoortjie?