If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
1•Die Beste Skoot
2•Die seun en sy honde het die agtermiddag laat in die dorp aangekom. Hy sien dat almal opgewonde is en oral rond staan klompies mense en praat.
3•"Wat beteken dit alles?" vra by aan 'n man wat naby hom staan.
4•"Dit is oor die skietwedstryd wat die mense so gesels."
5•"Maar is dit dan iets so buitengewoon?" vra die seun.
6•"Ja, hierdie keer is dit van groot belang of ons verloor of wen. Jy is seker vreemd hier?"
7•"Ja," antwoord die seun.
8•"Kyk daar anderkant." Die man wys na 'n groot rooi lig in die verte wat kort-kort in die lug opslaan.
9•"Dit is 'n dorp wat afbrand. Ons woon in die middel van 'n klomp vyandige mense.
10•Elke maal wil hulle met ons oorlog maak. Ons mense is maar min — ons is al so uitgedun dat ons nie meer kan veg nie. Toe hulle nou weer teen ons oorlog verklaar, het ons 'n ander voorstel gemaak. Ons het gesê hulle moet hul knapste man stuur om teen ons beste man te kom skiet. Die beste skoot sal dan vir sy kant kan eis wat hy wil, van die ander kant — al wil hy ook dat die mense van die ander dorp almal sy houthakkers en waterdraers moet word. Dit kom net op aan wie wen. Nou kan jy begryp hoe angstig ons is om 'n man te hˆ wat baie goed kan skiet. Ons moet wen, anders is ons dorp verlore."
11•"Wie gaan julle stuur om vir julle kant te skiet?" vra die seun.
12•"O, ons het 'n baie goeie jagter gevra om dit te doen. Hy is beroemd as 'n goeie skutter. Hy het al 'n menigte olifante, leeus en tiere doodgeskiet en het met 'n geweer in die hand groot geword."
13•"En wie stuur hulle?"
14•"'n Knap ou generaal wat al baie gevegte deurgemaak het en bekend is as 'n uitstekende skutter,"
15•Die seun het die volgende oggend ook saam gegaan na die plek waar die skietwedstryd sou plaasvind. 'n Menigte mense is daar om te sien of die jagter of die generaal sou wen.
16•Die teiken word die eerste dag op gewone afstand gesit. 'n Hele paar van die beste mans het ook vir die pret geskiet, maar toe kom die boodskap dat die generaal en die jagter aankom en die mense gee almal pad.
17•"Nee, maar dit is te naby — 'n bobbejaan kan dit raak skiet!" sê die generaal. Hy wou graag die jagter laat bang voel.
18•"Ja, dit is glad te naby — sit dit tweemaal so ver," sê die jagter. Hy wou die generaal wys dat hy gewoon is om ver te skiet en ook nie bang is nie.
19•Die mense dring rondom die twee skutters om alles mooi te sien en party klim selfs in die bome om sover as moontlik te kan sien.
20•Hulle staan almal onder 'n groot ou akkerboom en nou sou die generaal sy drie skote eerste skiet en dan kon die jagter hom probeer klop.
21•Die generaal neem sy geweer, plaas dit teen sy skouer, hou korrel en wil net skiet, toe iemand uit die boom skree:
22•"Wag generaal, jy hou verkeerd korrel! Die teiken is verder na die linkerkant toe."
23•Die generaal, wat goed kon skiet maar sleg kon sien, het maar al die tyd min of meer geraai waar die teiken staan. Die was vir hom te ver om raak te sien.
24•"Bring vir my 'n goeie bril!" brul die ou. Hulle gaan die beste bril in die dorp haal. Hy sit dit op sy neus, maar dit help niks nie. Hy kan die teiken nog nie raak sien nie.
25•"Bring nog 'n bril!" Hy het nou twee brille op mekaar, maar nou kan by nog minder sien. Die ou man het naderhand ses brille op, maar die teiken is nog onsigbaar.
26•"Waar is my verkyker?" vra hy en 'n soldaat gaan dit gou by 'n huis haal en gee dit aan hom.
27•'n Lang tyd kyk by deur die verkyker. Nou kan hy die teiken raak sien, en hy is tevrede. Hy sit die verkyker neer, neem weer sy geweer op en skiet.
28•Sy eerste skoot is mis!
29•Sy tweede skoot is amper raak!
30•Sy derde skoot is amper mis!
31•Toe die mense gaan kyk na die teiken en sien dat die generaal se eerste skoot bo oor was, die tweede onder deur maar die derde een in die teiken, het hulle regtig angstig geword. Die jagter sou nooit beter as dit kon skiet nie.
32•Die jagter, wat ondertussen teen 'n boom daar naby gesit het, sien dit is nou sy beurt. Hy tel sy geweer op en stap nader. Ook hy probeer die teiken raak sien, maar voordat hy nog kon skiet, voel hy sy regterarm word meteens lam. Hy is nie in staat om sy geweer by sy skouer te kry nie. Hy sê sy arm voel seer. Toe hulle hom help om sy baadjie uit te trek, val daar 'n groot boomspinnekop nit sy mou, Die arm is rooi en dik opgeswel en hy begin net siek voel toe die gif trek. Gou het hulle hom na 'n dokter geneem, maar die arm sou nie voor 'n paar weke gesond kon wees nie — en wie sou nou in sy plek kon skiet?
33•Die mense val rond. "Is daar iemand wat teen die generaal sal skiet?" vra hulle.
34•"Ek sal," sê die seun, wat ook daar naby staan en kyk het.
35•Die generaal kyk vir die tweede maal en sê: "Wat! So 'n klein bog soos jy? Nou ja, skiet dan maar en pasop net dat jy nie jou eie neus raak skiet nie!" en hand in die sy staan die ou heerlik en lag vir sy eie grap. Die seun roep sy honde.
36•"Vérsien, waar het die generaal se derde skoot geval?"
37•"Net in die linkerhoek van die teiken," sê die hond vir sy baas. Niemand anders kon verstaan wat die hond sê nie.
38•"Generaal, jou derde skoot was die enigste een wat raak was. Dit was in die linkerhoek van die teiken. Ek Sal my eerste skoot in die regterhoek sit; my tweede op joue in die linkerhoek en die derde in die middel van die kol, en daardie laaste een sal ek met my toe oë skiet," sê die seun.
39•Toe die seun so praat, het al die mense gedink hy wil maar net grootpraat en spog en met spanning wag hulle om te sien wat nou regtig gaan gebeur.
40•Die seun neem die geweer op, hou korrel, maar voordat hy kon skiet, blaf Vérsien. Hy sê dit is te hoog. Nou is dit net reg. Hy skiet en die skoot val in die regterhoek. Die tweede skoot hou hy fyn korrel. Vérsien kyk weer en sê hy moet 'n bietjie laer hou; die skoot val, bo op die generaal se skoot in die linkerhoek!
41•Die mense is nou so opgewonde dat hulle sommer begin juig en een outjie het van blydskap bo uit die boom geval! Hulle hou asem op vir die derde skoot.
42•"Generaal, leen my asseblief jou sakdoek en blinddoek my daarmee." Dit word gedoen en die seun neem sy geweer op, roep vir Vérsien en sê aan die hond: "Sit reg voor my. Ek wil die kol in die middel raak skiet." Die baas kniel en Vérsien gaan gehoorsaam voor sy baas sit. Hy rus die loop van die geweer op die hond se kop, en tussen sy ore deur hou by korrel. Die mense wag. Die seun hou korrel. Die geweer knal. Die koeël trek. Dit is in die middel van die kol!
43•Die seun haal die blinddoek af en gaan saam om te kyk waar die derde skoot geval het. Die generaal kon amper nie sy oë glo nie.
44•"Dit is die beste skoot wat ek nog ooit in my lewe gesien het! Maar hoe kon jy so goed sien sonder 'n verkyker?" vra hy.
45•"A, maar dit is juis wat ek gedaan het! Ek het die beste verkyker op aarde gebruik. Hier sit hy!"
46•En so het hy 'n hele dorp se mense van 'n lastige vyand verlos.

Die Beste Skoot

1•Die seun en sy honde het die agtermiddag laat in die dorp aangekom. Hy sien dat almal opgewonde is en oral rond staan klompies mense en praat.
2•"Wat beteken dit alles?" vra by aan 'n man wat naby hom staan.
3•"Dit is oor die skietwedstryd wat die mense so gesels."
4•"Maar is dit dan iets so buitengewoon?" vra die seun.
5•"Ja, hierdie keer is dit van groot belang of ons verloor of wen. Jy is seker vreemd hier?"
6•"Ja," antwoord die seun.
7•"Kyk daar anderkant." Die man wys na 'n groot rooi lig in die verte wat kort-kort in die lug opslaan.
8•"Dit is 'n dorp wat afbrand. Ons woon in die middel van 'n klomp vyandige mense.
9•Elke maal wil hulle met ons oorlog maak. Ons mense is maar min -- ons is al so uitgedun dat ons nie meer kan veg nie. Toe hulle nou weer teen ons oorlog verklaar, het ons 'n ander voorstel gemaak. Ons het gesê hulle moet hul knapste man stuur om teen ons beste man te kom skiet. Die beste skoot sal dan vir sy kant kan eis wat hy wil, van die ander kant -- al wil hy ook dat die mense van die ander dorp almal sy houthakkers en waterdraers moet word. Dit kom net op aan wie wen. Nou kan jy begryp hoe angstig ons is om 'n man te hˆ wat baie goed kan skiet. Ons moet wen, anders is ons dorp verlore."
10•"Wie gaan julle stuur om vir julle kant te skiet?" vra die seun.
11•"O, ons het 'n baie goeie jagter gevra om dit te doen. Hy is beroemd as 'n goeie skutter. Hy het al 'n menigte olifante, leeus en tiere doodgeskiet en het met 'n geweer in die hand groot geword."
12•"En wie stuur hulle?"
13•"'n Knap ou generaal wat al baie gevegte deurgemaak het en bekend is as 'n uitstekende skutter,"
14•Die seun het die volgende oggend ook saam gegaan na die plek waar die skietwedstryd sou plaasvind. 'n Menigte mense is daar om te sien of die jagter of die generaal sou wen.
15•Die teiken word die eerste dag op gewone afstand gesit. 'n Hele paar van die beste mans het ook vir die pret geskiet, maar toe kom die boodskap dat die generaal en die jagter aankom en die mense gee almal pad.
16•"Nee, maar dit is te naby -- 'n bobbejaan kan dit raak skiet!" sê die generaal. Hy wou graag die jagter laat bang voel.
17•"Ja, dit is glad te naby -- sit dit tweemaal so ver," sê die jagter. Hy wou die generaal wys dat hy gewoon is om ver te skiet en ook nie bang is nie.
18•Die mense dring rondom die twee skutters om alles mooi te sien en party klim selfs in die bome om sover as moontlik te kan sien.
19•Hulle staan almal onder 'n groot ou akkerboom en nou sou die generaal sy drie skote eerste skiet en dan kon die jagter hom probeer klop.
20•Die generaal neem sy geweer, plaas dit teen sy skouer, hou korrel en wil net skiet, toe iemand uit die boom skree:
21•"Wag generaal, jy hou verkeerd korrel! Die teiken is verder na die linkerkant toe."
22•Die generaal, wat goed kon skiet maar sleg kon sien, het maar al die tyd min of meer geraai waar die teiken staan. Die was vir hom te ver om raak te sien.
23•"Bring vir my 'n goeie bril!" brul die ou. Hulle gaan die beste bril in die dorp haal. Hy sit dit op sy neus, maar dit help niks nie. Hy kan die teiken nog nie raak sien nie.
24•"Bring nog 'n bril!" Hy het nou twee brille op mekaar, maar nou kan by nog minder sien. Die ou man het naderhand ses brille op, maar die teiken is nog onsigbaar.
25•"Waar is my verkyker?" vra hy en 'n soldaat gaan dit gou by 'n huis haal en gee dit aan hom.
26•'n Lang tyd kyk by deur die verkyker. Nou kan hy die teiken raak sien, en hy is tevrede. Hy sit die verkyker neer, neem weer sy geweer op en skiet.
27•Sy eerste skoot is mis!
28•Sy tweede skoot is amper raak!
29•Sy derde skoot is amper mis!
30•Toe die mense gaan kyk na die teiken en sien dat die generaal se eerste skoot bo oor was, die tweede onder deur maar die derde een in die teiken, het hulle regtig angstig geword. Die jagter sou nooit beter as dit kon skiet nie.
31•Die jagter, wat ondertussen teen 'n boom daar naby gesit het, sien dit is nou sy beurt. Hy tel sy geweer op en stap nader. Ook hy probeer die teiken raak sien, maar voordat hy nog kon skiet, voel hy sy regterarm word meteens lam. Hy is nie in staat om sy geweer by sy skouer te kry nie. Hy sê sy arm voel seer. Toe hulle hom help om sy baadjie uit te trek, val daar 'n groot boomspinnekop nit sy mou, Die arm is rooi en dik opgeswel en hy begin net siek voel toe die gif trek. Gou het hulle hom na 'n dokter geneem, maar die arm sou nie voor 'n paar weke gesond kon wees nie -- en wie sou nou in sy plek kon skiet?
32•Die mense val rond. "Is daar iemand wat teen die generaal sal skiet?" vra hulle.
33•"Ek sal," sê die seun, wat ook daar naby staan en kyk het.
34•Die generaal kyk vir die tweede maal en sê: "Wat! So 'n klein bog soos jy? Nou ja, skiet dan maar en pasop net dat jy nie jou eie neus raak skiet nie!" en hand in die sy staan die ou heerlik en lag vir sy eie grap. Die seun roep sy honde.
35•"Vérsien, waar het die generaal se derde skoot geval?"
36•"Net in die linkerhoek van die teiken," sê die hond vir sy baas. Niemand anders kon verstaan wat die hond sê nie.
37•"Generaal, jou derde skoot was die enigste een wat raak was. Dit was in die linkerhoek van die teiken. Ek Sal my eerste skoot in die regterhoek sit; my tweede op joue in die linkerhoek en die derde in die middel van die kol, en daardie laaste een sal ek met my toe oë skiet," sê die seun.
38•Toe die seun so praat, het al die mense gedink hy wil maar net grootpraat en spog en met spanning wag hulle om te sien wat nou regtig gaan gebeur.
39•Die seun neem die geweer op, hou korrel, maar voordat hy kon skiet, blaf Vérsien. Hy sê dit is te hoog. Nou is dit net reg. Hy skiet en die skoot val in die regterhoek. Die tweede skoot hou hy fyn korrel. Vérsien kyk weer en sê hy moet 'n bietjie laer hou; die skoot val, bo op die generaal se skoot in die linkerhoek!
40•Die mense is nou so opgewonde dat hulle sommer begin juig en een outjie het van blydskap bo uit die boom geval! Hulle hou asem op vir die derde skoot.
41•"Generaal, leen my asseblief jou sakdoek en blinddoek my daarmee." Dit word gedoen en die seun neem sy geweer op, roep vir Vérsien en sê aan die hond: "Sit reg voor my. Ek wil die kol in die middel raak skiet." Die baas kniel en Vérsien gaan gehoorsaam voor sy baas sit. Hy rus die loop van die geweer op die hond se kop, en tussen sy ore deur hou by korrel. Die mense wag. Die seun hou korrel. Die geweer knal. Die koeël trek. Dit is in die middel van die kol!
42•Die seun haal die blinddoek af en gaan saam om te kyk waar die derde skoot geval het. Die generaal kon amper nie sy oë glo nie.
43•"Dit is die beste skoot wat ek nog ooit in my lewe gesien het! Maar hoe kon jy so goed sien sonder 'n verkyker?" vra hy.
44•"A, maar dit is juis wat ek gedaan het! Ek het die beste verkyker op aarde gebruik. Hier sit hy!"
45•En so het hy 'n hele dorp se mense van 'n lastige vyand verlos.