If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Die Drie Paaie

1•Die Drie Paaie
2•Toe hulle weer op reis gaan, kom die seun met sy honde eendag by 'n plek waar die groot pad in drie klein paadjies uitloop.
3•"Watter pad sal ons nou kies?" vra hy aan die honde.
4•Vérsien kies die pad op linkerkant, Vérhoor kies die een op die regterkant en Fynruik se hulle moet in die middel hou.
5•"Ja, die middelste lyk die beste." Hulle het dadelik voetgeslaan op daardie pad en alles het goed gegaan tot 'n goeie end ver van die kruispad af. Toe gebeur daar iets vreemd. Skielik trek daar deur die helder blou lug, 'n pyl wat vlak voor die seun se voete in die grond vasskiet. Hy skrik en bly staan, en in die stof van die pad sien hy 'n paar woorde geskrywe.
6•Daar staan: "Wie verder gaan, kry 'n pyl in die hart!" Hy wys daarna en die honde raai hom aan om om te draai, maar dit wit hy nie doen nie.
7•"Ag, ek is nie bang nie! Ek gaan so seker verder om uit te vind," sê hy en stap weer aan, maar net tien tree verder skiet nog 'n pyl, en gou daarna nog een en toe reën die pyle rondom hulle neer.
8•Eers wou die seun deurdruk, maar toe die pyle hom raak, spring hy om en met die honde op sy hakke hardloop hy tot op 'n veilige afstand, waar hy lank gestaan en kyk het waar die pyle vandaan kom. Daar was nie 'n teken van mens of dier nie — kaal vlakte rondom en net op die voetpaadjie steek honderde pyle nog regop vas waar hulle in die grond geskiet het.
9•Toe is hulle terug na die kruispad.
10•"Ons sal hierdie keer die regterkantse pad kies." Weer sit hulle of en weer het dit goed gegaan tot by 'n ou doringboom verby. Net anderkant die boom sien die seun dat iemand onsigbaar langs hom stap. Die vars spore is daar en 'n endjie verder sien hy ook die paar voete met velskoene aan, wat die spore maak. Hy draai so effens uit die pad, maar die velskoene draai ook uit.
11•"Ons weet daar is nie so iets as spoke nie, maar dit lyk vir my snaaks," sê hy vir sy honde en toe sien hy dat daar 'n hele klomp paar skoene by hom loop. Al die soorte. Hulle draf en dans en 'n paar loop mank, ander weer loop so vinnig dat die stof so staan. Toe word die seun kwaad. 'n Paar van die voete het op hom begin trap. Net as by verder wil gaan, trap hulle op sy tone. Hy word kwaad toe by sien dat hulle sy arme honde begin te skop. Dit lyk of die voete hulle wit doodtrap.
12•"Nee, dit laat ek nie toe nie! Kom ens gaan terug. Dit is 'n baie gemene ding om 'n dier te skop of slaan!" Hy roep sy honde en vir die tweede keer draai hulle ore, weer terug na die kruispad.
13•"Nou is dit die enigste pad om te kies," sê hy en vir die derde keer is hulle weer op pad.
14•Op die derde pad het niks gebeur nie, alles het gegaan soos gewoonlik en die aand het hulle agter 'n groot klomp rotse 'n lekker graskol uitgesoek en hier 'n kampplek gemaak.
15•Die nag het hulle goed geslaap, maar vroeg-vroeg die anderdagoggend het die honde begin knor. Die seun word wakker en kyk net betyds op om 'n man bo op die rots te sien staan. Sy gesig is wreed, in sy lyfband het hy 'n lang mes en hy is net van plan om op die seun af te spring. Die seun rol gou uit die pad en toe die man val, was hy tussen die drie honde. Gou spring hy op en pak die seun beet. Hy gryp na sy mes, maar Vérsien was vir hom te gou en kry hem aan die elmboog beet, terwyl Fynruik onder sy voete induik. Vérhoor spring na die rower se keel, en toe die seun weer kyk het hulle hom op die rand van 'n hoë krans met 'n diep afgrond.
16•Voor hy nog kon uitroep, het die honde die rower daaroor gegooi en van daardie dag af is hy nooit weer in die buurt gesien nie. Die geld wat hy van die seun wou steel, het hy ook nie gekry nie en die honde het hul baas nog getrouer as ooit tevore opgepas.
1•Toe hulle weer op reis gaan, kom die seun met sy honde eendag by 'n plek waar die groot pad in drie klein paadjies uitloop.
2•"Watter pad sal ons nou kies?" vra hy aan die honde.
3•Vérsien kies die pad op linkerkant, Vérhoor kies die een op die regterkant en Fynruik se hulle moet in die middel hou.
4•"Ja, die middelste lyk die beste." Hulle het dadelik voetgeslaan op daardie pad en alles het goed gegaan tot 'n goeie end ver van die kruispad af. Toe gebeur daar iets vreemd. Skielik trek daar deur die helder blou lug, 'n pyl wat vlak voor die seun se voete in die grond vasskiet. Hy skrik en bly staan, en in die stof van die pad sien hy 'n paar woorde geskrywe.
5•Daar staan: "Wie verder gaan, kry 'n pyl in die hart!" Hy wys daarna en die honde raai hom aan om om te draai, maar dit wit hy nie doen nie.
6•"Ag, ek is nie bang nie! Ek gaan so seker verder om uit te vind," sê hy en stap weer aan, maar net tien tree verder skiet nog 'n pyl, en gou daarna nog een en toe reën die pyle rondom hulle neer.
7•Eers wou die seun deurdruk, maar toe die pyle hom raak, spring hy om en met die honde op sy hakke hardloop hy tot op 'n veilige afstand, waar hy lank gestaan en kyk het waar die pyle vandaan kom. Daar was nie 'n teken van mens of dier nie -- kaal vlakte rondom en net op die voetpaadjie steek honderde pyle nog regop vas waar hulle in die grond geskiet het.
8•Toe is hulle terug na die kruispad.
9•"Ons sal hierdie keer die regterkantse pad kies." Weer sit hulle of en weer het dit goed gegaan tot by 'n ou doringboom verby. Net anderkant die boom sien die seun dat iemand onsigbaar langs hom stap. Die vars spore is daar en 'n endjie verder sien hy ook die paar voete met velskoene aan, wat die spore maak. Hy draai so effens uit die pad, maar die velskoene draai ook uit.
10•"Ons weet daar is nie so iets as spoke nie, maar dit lyk vir my snaaks," sê hy vir sy honde en toe sien hy dat daar 'n hele klomp paar skoene by hom loop. Al die soorte. Hulle draf en dans en 'n paar loop mank, ander weer loop so vinnig dat die stof so staan. Toe word die seun kwaad. 'n Paar van die voete het op hom begin trap. Net as by verder wil gaan, trap hulle op sy tone. Hy word kwaad toe by sien dat hulle sy arme honde begin te skop. Dit lyk of die voete hulle wit doodtrap.
11•"Nee, dit laat ek nie toe nie! Kom ens gaan terug. Dit is 'n baie gemene ding om 'n dier te skop of slaan!" Hy roep sy honde en vir die tweede keer draai hulle ore, weer terug na die kruispad.
12•"Nou is dit die enigste pad om te kies," sê hy en vir die derde keer is hulle weer op pad.
13•Op die derde pad het niks gebeur nie, alles het gegaan soos gewoonlik en die aand het hulle agter 'n groot klomp rotse 'n lekker graskol uitgesoek en hier 'n kampplek gemaak.
14•Die nag het hulle goed geslaap, maar vroeg-vroeg die anderdagoggend het die honde begin knor. Die seun word wakker en kyk net betyds op om 'n man bo op die rots te sien staan. Sy gesig is wreed, in sy lyfband het hy 'n lang mes en hy is net van plan om op die seun af te spring. Die seun rol gou uit die pad en toe die man val, was hy tussen die drie honde. Gou spring hy op en pak die seun beet. Hy gryp na sy mes, maar Vérsien was vir hom te gou en kry hem aan die elmboog beet, terwyl Fynruik onder sy voete induik. Vérhoor spring na die rower se keel, en toe die seun weer kyk het hulle hom op die rand van 'n hoë krans met 'n diep afgrond.
15•Voor hy nog kon uitroep, het die honde die rower daaroor gegooi en van daardie dag af is hy nooit weer in die buurt gesien nie. Die geld wat hy van die seun wou steel, het hy ook nie gekry nie en die honde het hul baas nog getrouer as ooit tevore opgepas.