If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
1•Die seun en sy honde het 'n paar dae gereis toe kom hulle by 'n dorpie aan die voet van 'n groot berg.
2•Hier sien hulle net treurige mense. Almal loop met sakdoeke voor die oë. Trane is volop, en verdriet oral.
3•In die straat staan 'n klompie mense ernstig te gesels. Hy stap nader.
4•"Waarom is julle so treurig hier in die dorp? Daar is nie eens 'n vrolike kindjie te sien nie. Wat makeer?"
5•'n Ou man antwoord; "Ag my seun, ons het rede om treurig te wees. Sien jy daardie berg? Daar woon 'n reus wat 'n wrede ou dier is. Hy was nou 'n lang tyd weg en ons het so lekker met rus en vrede gewoon, maar verlede week het hy terug gekom, en die eerste ding wat hy gedoen het, was om 'n kwaai boodskap af dorp-toe te stuur."
6•"Wat was die boodskap?"
7•"Dat hy elke dag drie van die mooiste vet kindertjies van die dorp wil hê. Ons is seker hy wil hulle in die pot gooi. Die ouers het almal hul kindertjies weggesteek of weggestuur en nou kan hy hulle nie in die hande kry nie, anders het hy aI seker 'n mandjie vol kom haal."
8•"Wat gaan julle nou maak?" vra die seun.
9•"Ons gaan môre al die sterkste manne van die dorp stuur om hom te vang. As ons dit nie kan regkry nie, wil ons hom graag in die hande van sy buurman lok. Hy is 'n ou towernaar wat in die spelonk langsaan woon. Hulle twee is groot vyande en kan mekaar nie verdra nie. Nog nooit het hulle twee langs een vuur gesit nie."
10•"Maar die towernaar is mos magtig genoeg om hom te vang."
11•"Ja, maar die reus het uitgevind dat die towernaar hom maar net kan vang as sy linkervoet van die grond af opgetel is. Nou —net soos die towernaar naby is, bly die reus se voete altwee op die grond en die tower-
12•naar is magteloos en weer is sy kans verby."
13•"Gaan julle hom binne in sy spelonk vang?"
14•"Nee. Daar is twee swaar klipdeure. Net soos iemand in die spelonk gaan, klap die deure toe agter hom en niemand is in staat om hulle oop te kry nie. Die reus alleen kan dit doen en hy hou almal binne."
15•Laat die aand het die mense van die dorp 'n diep put gegrawe net voor die reus se deur. Die oogmerk was om hom uit te lok en daarin te laat spring.
16•Die volgende oggend vroeg is 'n klomp van die sterkste manne van die dorp na die spelonke waar die towernaar en die reus woon. Die seun en sy honde is ook saam.
17•Toe hulle daar kom en die klipdeure oop sien, stuur die seun die drie honde in om die ou reus uit te ja. Die klipdeure klap toe agter hulle en die mense wag buite.
18•In die spelonk naasaan loer die towernaar deur 'n gaatjie in die muur om te sien wat in die reus se spelonk gebeur. Hy is seker dat hy vandag sy kans sal kry. Die honde gaan binne en kry die ou reus voor sy vuurherd besig om 'n groot vuur te maak om kinders te braai.
19•Hy het gedink dit is die kinders wat ingebring word, maar toe hy omkyk en drie groot wolfhonde agter hom sien, spring hy amper binne in die vuur! Gou gryp hy 'n kierie. Links en regs val die houe, maar nie een is raak nie die honde is te rats. Keer op keer pak hulle hom beet en keer op keer skud hy hulle af totdat hy naderhand probeer uithardloop, maar by die voordeur teen die deure val. Hulle vlie oop, en die honde is uit. Gou ruk hy die deure toe en weer is hy veilig in sy spelonk, maar die honde lê voor die deur op wag.
20•"Ek sal gou daardie wrede honde doodmaak," sê hy en hy neem 'n groot stuk vlees en sit daar gif in.
21•Al die tyd nog het die towernaar hom deur 'n gaatjie in die muur afgeloer en toe hy die ou reus sien voordeur-toe gaan om die vlees vir die honde te gooi, spring hy gou by sy eie deur uit en kruip naby sy buurman se voordeur weg. Daar kom die reus nou aan. Sy voetstappe dreun, die klipdeure gaan oop, hy gooi die vlees 'n ent weg en begin die honde wegskop van sy deur af. 'n Skop was die towernaar se kans! 'n Harde gebrul laat die berge dreun. Die reus het sy linkervoet opgetel! Waar hy 'n oomblik tevore gestaan het, sit nou 'n padda so groot as die reus self. Toe begin die padda te krimp. Kleiner en al kleiner het hy geword — elke dag 'n bietjie kleiner totdat hy naderhand maar so groot as 'n gewone padda was. Van daardie dag af het hy by die towernaar in die spelonk gewoon, waar hy vir niemand kon kwaad doen nie.
22•Die aand toe die seun by die huis kom, sien hy 'n uil sit op 'n tak in die boom voor die deur. Hy het nie geweet dat dit die towernaar se mak uil was nie. Die uil moes kyk waar die seun en die honde bly, sodat hy dit vir sy baas kan gaan vertel.
23•Die towernaar het besluit om die seun en sy honde in die hande te kry. Hy wou dit nie waag onderwyl al die dorp se mense ook daar by die spelonk was om die reus te vang nie, maar sodra dit aand was, sou hy hulle soek.
24•Die uil het huis-toe gevlie en vertel waar die seun bly en dat hy die aand sonder sy honde sou uitgaan.
25•Toe die seun daardie aand uitgaan, hoor hy sagte voetstappe agter hom. Hy kyk om maar kan niks sien nie. Weer hoor hy voetstappe en kyk vir die tweede maal om. lemand met 'n lang swart mantel, 'n swart hoed en oë soos vuurvonke is agter hom. Skielik voel dit of die grond onder hom wegsak. Alles is donker rondom, en hy het niks verder geweet nie totdat hy die volgende oggend wakkerskrik.
26•Hy sien hy is in 'n groot spelonk met dik glasmure sonder deure of vensters.
27•Rondom is nog ander vertrekke waarin ander mense ook opgesluit is. Hul dowwe skaduwees kan hy deur die dik glasmure sien. Onderwyl hy nog so rondkyk, is daar 'n harde gedreun, die grond skeur oop by sy voete en daar staan die ou towernaar met gevoude arms vlak voor hom!
28•"Ek het jou hier gebring om jou op te sluit. Jy gaan rond met jou honde om my werk te doen. As dit so aangaan, sal ek arm word, want niemand sal meer vir my laat haal om te toor nie," sê die towernaar, en hy kyk regtig kwaai na die seun.
29•"Maar ek het nooit probeer toor nie. Ek het maar net 'n paar arme mense uit die moeilikheid probeer help," antwoord die seun.
30•Maar die towernaar wil hom nie glo nie en hou die seun in die berg van glas opgesluit onderwyl hy weer in die grond verdwyn.
31•"Ek is nie van plan om hier te bly nie. O nee! Ek het mos drie knap honde wat vir my kan help," dink die seun. Hy steek sy vingers in sy mond en gee drie harde fluite.
32•Ver daar onder in die dorp, waar die honde rustig geslaap het, hoor hulle die gefluit, drie maal agtermekaar.
33•Vérhoor spring eerste op.
34•"Ons baas fluit!" sê hy.
35•"Ek sien hom in gevaar," sê Vérsien,
36•"Kom ons vat spoor," sê Fynruik, en die drie honde is soos die wind deur die dorp tot by die spelonk waar die ou towernaar woon.
37•Hulle hoor nie 'n geluid nie. Net Vérhoor staan met gespitste ore en luister na wat sy baas sê.
38•"Vérhoor, luister goed en vertel aan die ander twee wat ek vir jou sê. Ek is hier opgesluit in 'n spelonk met mure van dik glas. Daar is net een manier om my te red. Julle moet gaan uitvind waar die ou heks woon. Vang haar ou swart kat en trek drie haartjies uit sy stert en bring die haartjies veilig na my, maar moenie dat die ou heks julle vang nie."
1•Die Reus en die Towernaar
2•Die seun en sy honde het 'n paar dae gereis toe kom hulle by 'n dorpie aan die voet van 'n groot berg.
3•Hier sien hulle net treurige mense. Almal loop met sakdoeke voor die oë. Trane is volop, en verdriet oral.
4•In die straat staan 'n klompie mense ernstig te gesels. Hy stap nader.
5•"Waarom is julle so treurig hier in die dorp? Daar is nie eens 'n vrolike kindjie te sien nie. Wat makeer?"
6•'n Ou man antwoord; "Ag my seun, ons het rede om treurig te wees. Sien jy daardie berg? Daar woon 'n reus wat 'n wrede ou dier is. Hy was nou 'n lang tyd weg en ons het so lekker met rus en vrede gewoon, maar verlede week het hy terug gekom, en die eerste ding wat hy gedoen het, was om 'n kwaai boodskap af dorp-toe te stuur."
7•"Wat was die boodskap?"
8•"Dat hy elke dag drie van die mooiste vet kindertjies van die dorp wil hê. Ons is seker hy wil hulle in die pot gooi. Die ouers het almal hul kindertjies weggesteek of weggestuur en nou kan hy hulle nie in die hande kry nie, anders het hy aI seker 'n mandjie vol kom haal."
9•"Wat gaan julle nou maak?" vra die seun.
10•"Ons gaan môre al die sterkste manne van die dorp stuur om hom te vang. As ons dit nie kan regkry nie, wil ons hom graag in die hande van sy buurman lok. Hy is 'n ou towernaar wat in die spelonk langsaan woon. Hulle twee is groot vyande en kan mekaar nie verdra nie. Nog nooit het hulle twee langs een vuur gesit nie."
11•"Maar die towernaar is mos magtig genoeg om hom te vang."
12•"Ja, maar die reus het uitgevind dat die towernaar hom maar net kan vang as sy linkervoet van die grond af opgetel is. Nou — net soos die towernaar naby is, bly die reus se voete altwee op die grond en die tower-
13•naar is magteloos en weer is sy kans verby."
14•"Gaan julle hom binne in sy spelonk vang?"
15•"Nee. Daar is twee swaar klipdeure. Net soos iemand in die spelonk gaan, klap die deure toe agter hom en niemand is in staat om hulle oop te kry nie. Die reus alleen kan dit doen en hy hou almal binne."
16•Laat die aand het die mense van die dorp 'n diep put gegrawe net voor die reus se deur. Die oogmerk was om hom uit te lok en daarin te laat spring.
17•Die volgende oggend vroeg is 'n klomp van die sterkste manne van die dorp na die spelonke waar die towernaar en die reus woon. Die seun en sy honde is ook saam.
18•Toe hulle daar kom en die klipdeure oop sien, stuur die seun die drie honde in om die ou reus uit te ja. Die klipdeure klap toe agter hulle en die mense wag buite.
19•In die spelonk naasaan loer die towernaar deur 'n gaatjie in die muur om te sien wat in die reus se spelonk gebeur. Hy is seker dat hy vandag sy kans sal kry. Die honde gaan binne en kry die ou reus voor sy vuurherd besig om 'n groot vuur te maak om kinders te braai.
20•Hy het gedink dit is die kinders wat ingebring word, maar toe hy omkyk en drie groot wolfhonde agter hom sien, spring hy amper binne in die vuur! Gou gryp hy 'n kierie. Links en regs val die houe, maar nie een is raak nie die honde is te rats. Keer op keer pak hulle hom beet en keer op keer skud hy hulle af totdat hy naderhand probeer uithardloop, maar by die voordeur teen die deure val. Hulle vlie oop, en die honde is uit. Gou ruk hy die deure toe en weer is hy veilig in sy spelonk, maar die honde lê voor die deur op wag.
21•"Ek sal gou daardie wrede honde doodmaak," sê hy en hy neem 'n groot stuk vlees en sit daar gif in.
22•Al die tyd nog het die towernaar hom deur 'n gaatjie in die muur afgeloer en toe hy die ou reus sien voordeur-toe gaan om die vlees vir die honde te gooi, spring hy gou by sy eie deur uit en kruip naby sy buurman se voordeur weg. Daar kom die reus nou aan. Sy voetstappe dreun, die klipdeure gaan oop, hy gooi die vlees 'n ent weg en begin die honde wegskop van sy deur af. 'n Skop was die towernaar se kans! 'n Harde gebrul laat die berge dreun. Die reus het sy linkervoet opgetel! Waar hy 'n oomblik tevore gestaan het, sit nou 'n padda so groot as die reus self. Toe begin die padda te krimp. Kleiner en al kleiner het hy geword — elke dag 'n bietjie kleiner totdat hy naderhand maar so groot as 'n gewone padda was. Van daardie dag af het hy by die towernaar in die spelonk gewoon, waar hy vir niemand kon kwaad doen nie.
23•Die aand toe die seun by die huis kom, sien hy 'n uil sit op 'n tak in die boom voor die deur. Hy het nie geweet dat dit die towernaar se mak uil was nie. Die uil moes kyk waar die seun en die honde bly, sodat hy dit vir sy baas kan gaan vertel.
24•Die towernaar het besluit om die seun en sy honde in die hande te kry. Hy wou dit nie waag onderwyl al die dorp se mense ook daar by die spelonk was om die reus te vang nie, maar sodra dit aand was, sou hy hulle soek.
25•Die uil het huis-toe gevlie en vertel waar die seun bly en dat hy die aand sonder sy honde sou uitgaan.
26•Toe die seun daardie aand uitgaan, hoor hy sagte voetstappe agter hom. Hy kyk om maar kan niks sien nie. Weer hoor hy voetstappe en kyk vir die tweede maal om. lemand met 'n lang swart mantel, 'n swart hoed en oë soos vuurvonke is agter hom. Skielik voel dit of die grond onder hom wegsak. Alles is donker rondom, en hy het niks verder geweet nie totdat hy die volgende oggend wakkerskrik.
27•Hy sien hy is in 'n groot spelonk met dik glasmure sonder deure of vensters.
28•Rondom is nog ander vertrekke waarin ander mense ook opgesluit is. Hul dowwe skaduwees kan hy deur die dik glasmure sien. Onderwyl hy nog so rondkyk, is daar 'n harde gedreun, die grond skeur oop by sy voete en daar staan die ou towernaar met gevoude arms vlak voor hom!
29•"Ek het jou hier gebring om jou op te sluit. Jy gaan rond met jou honde om my werk te doen. As dit so aangaan, sal ek arm word, want niemand sal meer vir my laat haal om te toor nie," sê die towernaar, en hy kyk regtig kwaai na die seun.
30•"Maar ek het nooit probeer toor nie. Ek het maar net 'n paar arme mense uit die moeilikheid probeer help," antwoord die seun.
31•Maar die towernaar wil hom nie glo nie en hou die seun in die berg van glas opgesluit onderwyl hy weer in die grond verdwyn.
32•"Ek is nie van plan om hier te bly nie. O nee! Ek het mos drie knap honde wat vir my kan help," dink die seun. Hy steek sy vingers in sy mond en gee drie harde fluite.
33•Ver daar onder in die dorp, waar die honde rustig geslaap het, hoor hulle die gefluit, drie maal agtermekaar.
34•Vérhoor spring eerste op.
35•"Ons baas fluit!" sê hy.
36•"Ek sien hom in gevaar," sê Vérsien,
37•"Kom ons vat spoor," sê Fynruik, en die drie honde is soos die wind deur die dorp tot by die spelonk waar die ou towernaar woon.
38•Hulle hoor nie 'n geluid nie. Net Vérhoor staan met gespitste ore en luister na wat sy baas sê.
39•"Vérhoor, luister goed en vertel aan die ander twee wat ek vir jou sê. Ek is hier opgesluit in 'n spelonk met mure van dik glas. Daar is net een manier om my te red. Julle moet gaan uitvind waar die ou heks woon. Vang haar ou swart kat en trek drie haartjies uit sy stert en bring die haartjies veilig na my, maar moenie dat die ou heks julle vang nie."