If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
1•Die seun kyk so 'n bietjie rond en sien dat daar net twee deure in die kamer is — die kleintjie waardeur die ou vroutjies verdwyn het en 'n ander een fraai versier met goue spykerkoppies.
2•"Ek sal maar die liewe ou vroutjies se raad volg en ook weg gaan voordat dit te laat is," hy, en hy probeer by die klein deurtjie uitgaan. Maar die eienaardigste van alles is dat hy dit nie kan doen nie . Net as hy wil deur gaan, word die deurtjie kleiner en nouer, totdat hy nie eens sy hand daardeur kan kry nie. Toe probeer hy die ander deur oop maak. Dit is somaar maklik, en hy bly verwonderd staan in 'n kamertjie, kleiner as al die ander, wat mure van goud het. Op die grond lê hope diamante en perels en nog baie ander fraai stene. Sakke goud staan daar teen die mure; dit lyk of die hele wereld se rykdom hier vergader is. Hy kan sy oe amper nie glo nie en stap nader om te sien of dit regtig diamante is. Hy tel 'n hand vol op en daar is nie aan te twyfel nie. Hy staan so 'n rukkie en speel met die fraai blink klippies wat hom betower met hul mooi kleure en word meteens onrustig. Ook nie verniet nie!
3•Toe hy opkyk, sien hy dat die mure van die kamertjie in goue tralies verander het en dat hy nou in 'n groot goue kou opgesluit is. Alles is nog daar onveranderd, behalwe alleen dat die kou toe is en hy binne! Wat help die wereld se skatte as jy nie jou vryheid besit nie! Soos 'n domkop het hy hom laat vang — en dit nogal nadat die ou vroutjies hom gewaarsku het.
4•Hy hoor voetstappe en hier kom die baas
5•van die huis aan. Die lelikste ou duiwel wat daar is. In sy een hand het hy 'n groot stomp, gloeiend rooi, en hy is besig om die vuur daarvan af te eet. As hy lag of praat, slaan die vuurvlamme by sy mond uit.
6•"Lekker gevang! Lekker gevang, nè?" Hy probeer die brandende stomp deur die tralies steek en die seun daarmee raak. Die seun spring agteruit.
7•"Bly maar hier tot môre, dan sal ek vir jou ook in 'n duiweltjie verander," sê hy, en hy stap rondom die kou.
8•"Ka-ka-ka! Jy sal tog alte mooi lyk met 'n paar horinkies en 'n mooi lang stert soos al die ander ordentlike duiweltjies het," sê die ou, en hy lag weer dat die vlamme so uitslaan.
9•Toe die ou duiwel weg was, kry die seun gedagte van sy honde.
10•Drie keer fluit hy, en toe hy die derde keer fluit, gee Vérhoor antwoord.
11•"Vérhoor, luister goed. Ek sit opgesluit in 'n groot goue kou in 'n duiwel se huis. Julle drie moet my kom help. Klim by die skoorsteen in en soek die goue kou. Kom dadelik!"
12•Vérhoor vertel aan sy twee maats hoe sake staan en hulle besluit om op die dak te klim en langs die skoorsteen af. Soos katte is hulle die dak op en die skoorsteen in. Pikswart van die roet val hulle onder in die vuurherd van die ou duiwel se kombuis! Hy wou net nog 'n stomp vuur uithaal vir sy aandete, toe die honde hom beetpak.
13•Vérsien en Vérhoor se tande skeur aan die ou, en nou baklei hy met alle geweld. Hy skree en spring en slaan en skop, maar die twee byt vas so al wat kan.
14•"Ek sal hulle brand," sê hy en spring binne in die groot vuur. Daar het die ou duiwel altyd tuis gevoel, want vuur het hy geëet, en in vuur het hy saans geslaap. Dit kon die honde darem nie uithou nie en hulle los. Hy dans rond in die vuur en gooi hande vol gloeiende kole na hulle, maar hulle is rats genoeg om dit te ontglip.
15•Intussen het Fynruik steeds na sy baas gesoek. Hy het al die menigte kamers deurgesnuffel en kom naderhand by die goue kou, waar sy baas sit.
16•"Fynruik, soek die groot goue sleutel wat in die slot pas. Maak gou en kom sluit oop." Deur al die kamers weer het Fynruik gesoek. Nou maak hy al die kaste en laaitjies oop, maar die kou se goue sleutel kan hy nie kry nie. Sy oog val op mooi mandjie met 'n deksel op wat net buitekant die kou staan.
17•"Dit is die enigste plek waar ek nog nie gesoek het nie," sê Fynruik vir sy baas deur die tralies.
18•"Nou ja, kyk daarin ook."
19•Fynruik ruk die deksel af, en pylsnel skiet 'n groot geel slang regop uit die mandjie! Die hond vlie terug, want hy het geskrik. Sy hare staan penorent en sy hele lyf bewe.
20•"Waarom hinder jy my?" vra die slang.
21•"Ek het maar net die goue sleutel gesoek," antwoord die hond.
22•"Ek hou wag oor die sleutel en niemand kry dit van my nie," antwoord die slang, wat 'n pragtige goue band om die nek het.
23•"Ag Slang, gee tog vir hom die sleutel, dan kan ek hier uit die ou duiwel se kloue verlos wees," sê die seun deur die tralies.
24•"O nee. Die duiwel is my baas. Ek dien hom, en die goue sleutel staan ek riie af nie."
25•"Pak hom, Fynruik!" skree die seun, en die hond gehoorsaam meteens. Hy vlie na die slang, gryp hom agter die nek beet en ruk hom uit die mandjie, waar hy hom met sy stert wou vaskrul. Soe, maar dit was 'n geveg met die slang! Die hond byt, skeur en krap, en die slang krul en spuug gif. Hy wil die hond byt of dooddruk. Hy krul om die hond se nek en probeer hom wurg. Fynruik het die slang se plan agtergekom — los hy, dan is dit klaar met hom en sy baas. Hy maak dus of hy wil los. Die slang verslap so effens en toe kry die hond sy kans. Hy slaan sy sterk tande diep in net agter die slang se kop. Dit was 'n raak hou! Die groot, swaar liggaam van die slang, wat so styf om die hond se nek gekrul was, verslap meteens en gly af op die grond.
26•Fynruik hardloop na die mandjie; gou het hy die goue sleutel. Die kou is dadelik oop, en die seun is uit. Hulle hardloop na die kombuis. Nog dans die ou duiwel daar rond in die vuur, want voor die vuur op wag sit die ander twee honde. Kom hy uit, dan het hulle hom; dit is beter vir hom om maar daar op die gloeiende kole tussen die rooi vlamme rond te dans.
27•Die seun roep sy honde, maar voor hul vertrek laat hulle eers met die goue sleutel al die ander mense wat daar opgesluit is, ook vry. Daarna het hulle so gou as moontlik daar weg gegaan. Toe hulle oor die laaste bult gaan en omkyk, sien die seun en die honde net 'n vreeslike groot vuur waar die huis gestaar het. Dit was laaste sien van "Duiwelsdak", wat toe daar so in die vlamme verdwyn.
1•Gevang
2•Die seun kyk so 'n bietjie rond en sien dat daar net twee deure in die kamer is — die kleintjie waardeur die ou vroutjies verdwyn het en 'n ander een fraai versier met goue spykerkoppies.
3•"Ek sal maar die liewe ou vroutjies se raad volg en ook weg gaan voordat dit te laat is," hy, en hy probeer by die klein deurtjie uitgaan. Maar die eienaardigste van alles is dat hy dit nie kan doen nie . Net as hy wil deur gaan, word die deurtjie kleiner en nouer, totdat hy nie eens sy hand daardeur kan kry nie. Toe probeer hy die ander deur oop maak. Dit is somaar maklik, en hy bly verwonderd staan in 'n kamertjie, kleiner as al die ander, wat mure van goud het. Op die grond le hope diamante en perels en nog baie ander fraai stene. Sakke goud staan daar teen die mure; dit lyk of die hele wereld se rykdom hier vergader is. Hy kan sy oe amper nie glo nie en stap nader om te sien of dit regtig diamante is. Hy tel 'n hand vol op en daar is nie aan te twyfel nie. Hy staan so 'n rukkie en speel met die fraai blink klippies wat hom betower met hul mooi kleure en word meteens onrustig. Ook nie verniet nie!
4•Toe hy opkyk, sien hy dat die mure van die kamertjie in goue tralies verander het en dat hy nou in 'n groot goue kou opgesluit is. Alles is nog daar onveranderd, behalwe alleen dat die kou toe is en hy binne! Wat help die wereld se skatte as jy nie jou vryheid besit nie! Soos 'n domkop het hy hom laat vang — en dit nogal nadat die ou vroutjies hom gewaarsku het.
5•Hy hoor voetstappe en hier kom die baas
6•van die huis aan. Die lelikste ou duiwel wat daar is. In sy een hand het hy 'n groot stomp, gloeiend rooi, en hy is besig om die vuur daarvan af te eet. As hy lag of praat, slaan die vuurvlamme by sy mond uit.
7•"Lekker gevang! Lekker gevang, nè?" Hy probeer die brandende stomp deur die tralies steek en die seun daarmee raak. Die seun spring agteruit.
8•"Bly maar hier tot môre, dan sal ek vir jou ook in 'n duiweltjie verander," sê hy, en hy stap rondom die kou.
9•"Ka-ka-ka! Jy sal tog alte mooi lyk met 'n paar horinkies en 'n mooi lang stert soos al die ander ordentlike duiweltjies het," sê die ou, en hy lag weer dat die vlamme so uitslaan.
10•Toe die ou duiwel weg was, kry die seun gedagte van sy honde.
11•Drie keer fluit hy, en toe hy die derde keer fluit, gee Vérhoor antwoord.
12•"Vérhoor, luister goed. Ek sit opgesluit in 'n groot goue kou in 'n duiwel se huis. Julle drie moet my kom help. Klim by die skoorsteen in en soek die goue kou. Kom dadelik!"
13•Vérhoor vertel aan sy twee maats hoe sake staan en hulle besluit om op die dak te klim en langs die skoorsteen af. Soos katte is hulle die dak op en die skoorsteen in. Pikswart van die roet val hulle onder in die vuurherd van die ou duiwel se kombuis! Hy wou net nog 'n stomp vuur uithaal vir sy aandete, toe die honde hom beetpak.
14•Vérsien en Vérhoor se tande skeur aan die ou, en nou baklei hy met alle geweld. Hy skree en spring en slaan en skop, maar die twee byt vas so al wat kan.
15•"Ek sal hulle brand," sê hy en spring binne in die groot vuur. Daar het die ou duiwel altyd tuis gevoel, want vuur het hy geëet, en in vuur het hy saans geslaap. Dit kon die honde darem nie uithou nie en hulle los. Hy dans rond in die vuur en gooi hande vol gloeiende kole na hulle, maar hulle is rats genoeg om dit te ontglip.
16•Intussen het Fynruik steeds na sy baas gesoek. Hy het al die menigte kamers deurgesnuffel en kom naderhand by die goue kou, waar sy baas sit.
17•"Fynruik, soek die groot goue sleutel wat in die slot pas. Maak gou en kom sluit oop." Deur al die kamers weer het Fynruik gesoek. Nou maak hy al die kaste en laaitjies oop, maar die kou se goue sleutel kan hy nie kry nie. Sy oog val op mooi mandjie met 'n deksel op wat net buitekant die kou staan.
18•"Dit is die enigste plek waar ek nog nie gesoek het nie," sê Fynruik vir sy baas deur die tralies.
19•"Nou ja, kyk daarin ook."
20•Fynruik ruk die deksel af, en pylsnel skiet 'n groot geel slang regop uit die mandjie! Die hond vlie terug, want hy het geskrik. Sy hare staan penorent en sy hele lyf bewe.
21•"Waarom hinder jy my?" vra die slang.
22•"Ek het maar net die goue sleutel gesoek," antwoord die hond.
23•"Ek hou wag oor die sleutel en niemand kry dit van my nie," antwoord die slang, wat 'n pragtige goue band om die nek het.
24•"Ag Slang, gee tog vir hom die sleutel, dan kan ek hier uit die ou duiwel se kloue verlos wees," sê die seun deur die tralies.
25•"O nee. Die duiwel is my baas. Ek dien hom, en die goue sleutel staan ek riie af nie."
26•"Pak hom, Fynruik!" skree die seun, en die hond gehoorsaam meteens. Hy vlie na die slang, gryp hom agter die nek beet en ruk hom uit die mandjie, waar hy hom met sy stert wou vaskrul. Soe, maar dit was 'n geveg met die slang! Die hond byt, skeur en krap, en die slang krul en spuug gif. Hy wil die hond byt of dooddruk. Hy krul om die hond se nek en probeer hom wurg. Fynruik het die slang se plan agtergekom — los hy, dan is dit klaar met hom en sy baas. Hy maak dus of hy wil los. Die slang verslap so effens en toe kry die hond sy kans. Hy slaan sy sterk tande diep in net agter die slang se kop. Dit was 'n raak hou! Die groot, swaar liggaam van die slang, wat so styf om die hond se nek gekrul was, verslap meteens en gly af op die grond.
27•Fynruik hardloop na die mandjie; gou het hy die goue sleutel. Die kou is dadelik oop, en die seun is uit. Hulle hardloop na die kombuis. Nog dans die ou duiwel daar rond in die vuur, want voor die vuur op wag sit die ander twee honde. Kom hy uit, dan het hulle hom; dit is beter vir hom om maar daar op die gloeiende kole tussen die rooi vlamme rond te dans.
28•Die seun roep sy honde, maar voor hul vertrek laat hulle eers met die goue sleutel al die ander mense wat daar opgesluit is, ook vry. Daarna het hulle so gou as moontlik daar weg gegaan. Toe hulle oor die laaste bult gaan en omkyk, sien die seun en die honde net 'n vreeslike groot vuur waar die huis gestaar het. Dit was laaste sien van "Duiwelsdak", wat toe daar so in die vlamme verdwyn.