If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Huis Toe

2•Dit was al amper 'n jaar dat die seun en sy honde rondgereis het om die wêreld te sien, en nou het hulle begin dink dat dit goed sal wees om die pad huis-toe te kies.
3•Een oggend vroeg klim die seun op 'n mierhoop om die wêreld te bekyk. Hy wys vir sy honde die pad wat hulle moet loop en die blou heuweltop in die verte waar hulle nog die aand wil uitkamp. Daar is niks anders te sien nie as gras en doringbome en die voetpad, wat hulle toe dadelik inslaan. Die hele dag het dit goed gegaan en tot donker het hulle geloop. By 'n paar groot rotse aan die voet van die koppie het hulle skuiling vir die nag gesoek en kamp gemaak. Gou was die vlees gebraai en geëet en toe het dit maar net 'n paar minute geduur en almal was aan die slaap.
4•In die nag skrik almal wakker deur die gebrul van 'n leeu naby hulle. Die honde vlie op en is dadelik op jag, en die seun, wat nie 'n geweer by hom gehad het nie, is agterna om hulle terug te roep, want hy is seker die leeu sal hulle een vir een verskeur. In die donker was die seun darem te onverskillig, en toe hy weer bewus word van sy omgewing, lê hy onder in 'n diep, donker put waar hy ingeval het gelukkig op 'n hoop droë sand wat onder in gelê het. Om uit te klim, was onmoontlik maar om vir die honde te fluit, was maklik genoeg. Hy fluit. Hulle is gou daar en hy uur hulle om êrens 'n tou te gaan haal. Waar hulle dit ook kry dit moet lank wees en sterk ook.
5•Die honde spring weg. Hy het onder in die put gewag en gewag en naderhand sien hy 'n gat in die muur, net groot genoeg vir hom om deur te kruip. Anderkant is dit lig, en die seun bevind hom nou in 'n nuwe wêreld. Voor hom lê 'n lang pad en naby is 'n hek. Op die hek staan geskryf: "Draai om. Dit maak die seun nog meer nuuskierig, die hek, wat nie gesluit is nie, maak hy oop. Hy loop en hy loop en hy loop tot hy by 'n groot bos kom. Hier staan 'n man wat hout kap.
6•"Loop tog weg hier! As jy ook soos ek hier gevang word, moet jy ook jou lewelank werk, en die soort werk in hierdie land is nooit gedaan nie. Ek kap al vir die laaste honderd jaar hierdie boom af. As ek een tak af het, het die ander een al weer aangegroei. Ek is moeg, moeg, o, so moeg!"
7•Die seun voel baie jammer vir die man, maar hy stap darem aan om te sien waarheen die pad deur die bos gaan.
8•Hy het nie te ver geloop nie of hy kom by 'n man wat probeer water skep in 'n emmer vol gate. Hy skep water van die oggend tot die aand, maar die emmer loop meteens leeg en hy kan die water nie wegdra nie.
9•"Ag seun, hoekom is jy so dom om in die land te kom? Vir die laaste vyftig jaar probeer ek al om die emmer vol water te skep, en kry ek dit nie reg binne honderd jaar nie, word ek lewendig opgevreet. Ag, wat sal ek tog maak?" Hy sug, maar weer gaan hy maar voort om te probeer sy stukkende emmer vol water te maak.
10•Die seun dink hy is mal en stap maar weer aan. Hy kom by 'n man wat vir homself met swaar kettings aan 'n dik bloekomboom vasgemaak het.
11•Elke keer maak hy sy oë toe dan skree hy: "Nee, nee! Jy sal my nie trek nie. As jy my kry, is ek so sekerlik dood."
12•"Wat makeer jy?" vra die seun.
13•"Ag, kan jy nie sien daar voor jou lê die Staalberg nie? Daardie berg trek almal totdat hulle op hom vassit. Hy is van staal gemaak en dit kos 'n reus se krag, om sy aantrekkingskrag teen te staan. Daar is al honderde mense dood op hom. Hulle sit daar vas en nooit kom hulle daar ooit weer los nie. Seun, moenie daarnatoe kyk nie en maak tog dat jy dadelik hier wegkom. Hy sal jou ook trek." Die man soebat hy moet tog weggaan en praat so ernstig dat die seun toe met 'n ompad terug stap.
14•Op pad kom hy by 'n miershoop verby. Hier het hy gaan sit om 'n bietjie te rus. Net toe hy opstaan, sien hy op die grond langs hom lê 'n ou rietfluitjie. Hy tel dit op, bekyk dit so 'n slag en blaas toe daarop. Skaars het hy dit gedoen of hy hoor 'n snaakse gedreun. Hy kyk op en daar ver van die staalberg se kant sien hy twee groot wolke stof vinnig aankom.
15•Hy kyk vir die tweede keer en nou sien hy twee reuse-slange kom met volle vaart oor die veld aan, reguit na hom toe. Hulle bekke is wyd oop, die vlamme slaan om die vurige koppe en hulle lyk vreeslik kwaai.
16•"Dit is seker die base van die land," sê die seun en hy gooi die rietfluitjie weg en spring ook weg.
17•Hy loop so al wat hy kan, en die stof slaan agter hom uit. Die slange kom al nader; hulle is nou nie te ver nie. Daar is die hek ook nog voor, en dit is nogal toe. Die seun gee een spring bo oor en anderkant hardloop hy weer soos hy nog nooit vantevore in sy lewe gehardloop het nie. Hy gly oor die aarde — daar is die gat in die put wat hy eers deurgeklim het, maar die slange ja nou so kort agter hom dat hy hul warm asem kan voel. Nou is dit klaar met hom — Nee," nog nie! Deur!
18•Daar in die put hang 'n lang tou, bo sit drie wolfhonde geduldig en wag. Die seun klouter vinnig soos 'n kat langs die tou op en was net bo, toe die slange die ander ent beet pak. Gou maak hy die tou los bo en gooi dit af onder in die put, waar die slange so deurmekaar gevleg raak daarmee dat hulle glad nie kon los kom nie en so vasgeknoop huis-toe moes gaan. Toe hulle by die houtkapper kom, sê hy dat hy die tou sal afkap, dog inplaas daarvan, het hy hul koppe afge kap, want hulle het so gekronkel dat hy die tou misgekap en die koppe geraak het!
19•Van daardie dag af was al die mense in dié land weer vry, maar tot vandag toe nog weet niemand waar daardie put is nie.
20•Toe die seun bo kom, was dit al oggend en hy het gereis sonder ophou totdat hy weer by die huis gekom het met sy drie getroue honde.
21•As jy op 'n plaas drie mooi wolfhonde sien, vra maar gerus vir hul baas of hulle nie baie knap is nie en wat hulle name is, dan sal jy hoor dit is Vérsien, Vérhoor en Fynruik!
1•Huis-toe