If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Ou Kraakbeen, die Mensvreter

1•Die seun wou nie langer hier bly nie. Dit was glad nie 'n lekker buurt om in te woon nie, al was die ou towernaar nog in sy berg van glas opgesluit en die ou heks deur dorings in haar spelonk vasgekeer.
2•Die raad wat die dwergie hom gegee het, sou hy aanneem en na 'n ander plek gaan. Want 'n mens weet nooit nie daardie ou padda kan maar weer terug verander in 'n reus! Hy dank die dwergie vir sy vriendelikheid, roep sy honde en vertrek.
3•Die negende aand kom hulle naby 'n dorp. Net buitekant die dorp lê groot hope bene van alle soorte. Die honde wil nog daar rondsnuffel, maar die seun fluit gou vir hulle.
4•"Nee, hierdie dorp is bekend vir die menigte mensvreters wat hier woon. Ons sal maar vanaand in die veld slaap — dit sal baie veiliger daar wees," sê hy.
5•Hulle het toe verby gegaan en anderkant die dorp onder 'n paar bome kampplek vir die aand gemaak. 'n Vuurtjie om vlees op te braai en 'n lekker sagte bed van bossies om in die vrye ope lug op te slaap, is al wat nodig is vir 'n reisiger. So dink die seun, en gou het hy klaar geëet en gaan slaap.
6•Net toe hy aan die slaap wou raak, sien hy in die verte 'n klein rooi liggie.
7•"Wat kan dit wees? Vérsien sê gou vir my wat dit is."
8•"Baas, ek sien 'n man wat sy been seer gemaak het," blaf die hond.
9•"Wag, ek sal hom gaan help. Dit is goed dat hy 'n lantern het, want anders het ons hom nie raak gesien nie. Bly julle maar solank hier."
10•Die drie honde gaan onder die boom lê en slaap onderwyl die seun na die rooi liggie stap. Hier sien hy 'n man sit. Hy vrywe 'n seer been en die lantern staan langs hom op die grond. In die lig sien die seun dat hy al oud is, met lang skerp tande.
11•"Ag my seun, kan jy tog nie vir my huistoe help nie. Ek het my been seer gemaak en kan nie alleen loop nie," sê die ou man.
12•"Ja seker," antwoord die seun, en hy help die man die hele pad tot by die huisie onder in die kloof. Die man en hy gesels al die tyd.
13•"Jy moet versigtig by daardie dorp wees -- daar woon mensvreters," sê die man.
14•"Ja. Juis daarom het ek vanaand liewer hier onder die bome in die kloof kom bly," antwoord die seun.
15•Die man nooi hom binne. Hy sit die lantern op die tafel neer en sluit die voordeur toe. Die sleutel steek hy in sy sak en daarna nooi hy die seun om saam te eet.
16•Die man stap mank-mank agter kombuistoe, terwyl die seun aan die tafel sit. Na 'n paar minute kom die man ewe vinnig terug en die seun merk nou dat die man se been niks makeer nie!
17•"Hier is ons kos. Ek is al net honger. Gee aan jou bord."
18•Die seun wou net sy bord aangee toe hy sien dat die vlees op die skottel mensvlees is! Hy is lam geskrik; die voordeur is toegesluit en hy sit alleen opgesluit met 'n honger mensvreter wat hom hier met 'n skelmstreek gelok het! 'n Plan moet hy maak om weg te kom voordat dit nag is.
19•Hy vertel aan sy gasheer dat hy nie honger voel nie, daar hy al klaar geëet het, en dat dit darem nou tyd is vir hom om terug te gaan anders sal sy honde hom kom soek.
20•"O nee. Mense wat by my kom kuier, gaan nooit weer weg nie," sê die ou mensvreter, Hy staan op van die tafel, trek 'n bankie voor die vuur en sê die seun moet voor die vuur kom sit. Toe die seun op die een ent van die bankie gaan sit, gaan die mensvreter ook daarop sit, by die ander ent. Hulle begin te gesels.
21•"Rook jy?" vra die man.
22•"Nee. Ek weet rook is sleg vir seuns. Ek wil graag sterk en gesond bly en slim wees, daarom rook ek nie," antwoord die seun.
23•Die mensvreter sit so 'n rukkie stil en daarna skuiwe hy nader.
24•"Weet jy wie ek is? My naam is Jan Kraakbeen."
25•Die seun skrik; hy voel warm van benoudheid, want hy het al baie gehoor van ou Kraakbeen, die wreedste mensvreter in die hele land. Weer skuiwe die ou nader na die seun toe en hy sit nou styf langs hom.
26•"Is jy bang vir mensvreters?" vra die ou.
27•"Nee, glad nie," antwoord die seun, maar hy bewe van bangheid en sy hare staan penregop. 'n Plan! 'n Plan moet hy gou maak voordat dit nag is.
28•"Ek bewe van die koue; ek gaan nog 'n bietjie houtjies in die vuur sit," sê die seun en hy staan op en gaan by die vuur sit nadat hy die houtjies daarop gegooi het. Maar ou Kraakbeen staan ook op en gaan regoor sit en elke maal as die seun opkyk, sien hy hoe die ou mensvreter vir hom dophou en dan sy lippe aflek. Weer maak die seun 'n plan.
29•"Oom, ek het drie sulke flukse honde, kan ons nie môre 'n bietjie gaan jag nie?" sê die seun.
30•"Nee, môre bly ek by die huis om kos te kook. Ek gaan lekker jong vlees braai" en weer lek die ou sy lippe af.
31•Die seun was nou so vasgekeer dat hy die aand daar moes slaap. Alleen in 'n klein kamertjie staan 'n bedjie en 'n ou kis. Hy klim in die bed met sy klere aan en maak of hy slaap. Hy snork een stryk deur. Nie te lank nie, of hier kom die ou mensvreter kyk of hy slaap. Die seun loer onderdeur en sien die ou vrywe sy hande, lag so skelm-skelm en lek sy lippe af. Daarna gaan hy saggies weer weg. Die seun voel nou baie onrustig; hy lê nog al die tyd wakker en durf nie slaap nie.
32•Daar hoor hy sagte voetstappe nader kom. Die deur gaan oop, iemand kom tot by die bed. Hy voel sy kombers word van hom afgetrek. Hy wil opspring en skree maar Iê versteend van die skrik. Hy hou die kombers vas, maar weer word daaraan getrek en meteens kry hy 'n hap in die been!
33•Toe vlie hy uit die bed, slaan 'n paar vuishoue in die donker. Hy voel iemand gryp na hom aan sy linkerskouer. Hy gryp na die hand en daar skrik die mensvreter se arme ou kat hom amper dood!
34•Toe die seun sien dat dit maar net die arme onskuldige ou katjie is wat aan sy kombers getrek het en sy been raak gekrap het, wou hy amper lag. Hy neem die katjie, sit hom in sy bed onder die kombers en sê: "Slaap maar daar, ou katjie. Jy is dit seker gewoond, daarom het jy op my bed gespring en my so laat skrik." Onderwyl hy die kat onder die kombers sit, hoor hy weer iemand aankom.
35•"Hier kom die ou mensvreter nou," sê hy en voordat hy nog uit die pad uit kon kom, word hy gegryp en in die ou kis gestop, die deksel val toe en daar sit hy opgesluit.
36•"So 'n ou wreedaard! Hy wil my eers doodsmoor in die kis en dan opeet."
37•"Nee, dit sal hy nie kan doen solank as ons lewe nie," sê iemand in sy oor. Hy voel
38•in die donker kis rond 'n groot harige kop is langs hom.
39•"Fynruik, is dit jy?"
40•"Ja, sit doodstil; hy sal seker kom." Net toe sien hulle deur 'n skrefie in die kis hoe die mensvreter met 'n groot byl in sy hand by die deur inkruip.
41•Voetjie vir voetjie kruip hy nader na die bed.
42•Kaplaks, val 'n hou, net waar die seun se kop sou gewees het!
43•Die kat skrik hom amper dood daar onder die kombers en spring rond om uit te kom.
44•"O, jy roer nog!" sê ou Kraakbeen.
45•Kaplaks! kaplaks! kaplaks! kap die mensvreter weer, drie houe agtermekaar.
46•"Seuntjie, nou sal jy nie meer so kan rondspring nie! Môre sal ek jou lekker braai en eet," sê die mensvreter en hy stap weer uit. Die kat kruip by die voetenent van die bed uit, baie bly dat sy baas hom nie raak gekap het nie, Die seun en sy hond klim uit die kis uit.
47•"Fynruik, hoe het jy ingekom?"
48•"Toe ek die voordeur toegesluit vind, het ek in die skoorsteen afgegly."
49•"Ek sal hier bly. Dit is amper oggend, gaan haal die ander twee honde en probeer die deur oop kry voordat die ou mensvreter wakker word."
50•Die hond is dadelik weg na sy maats by die kampplek, en die seun gaan in die kombuis in die vuurherd sit. Hier was dit so lekker warm dat hy aan die slaap raak.
51•Toe hy wakker skrik, voel hy styf en toe hy wou roer, sien hy vir die eerste maal dat hy styf vasgemaak is op 'n groot rooster waarop 'n mens vlees braai! In die kombuisdeur staan ou Kraakbeen met gevoude arms en 'n wrede grynslag op sy gesig. Hy het wakker geword en opgestaan om die vuur te gaan opmaak. Daar het hy die seun gekry — vas aan die slaap. Gou het hy hom op die rooster vasgemaak en toe die seun wakker word, was die ou net terug met die vuurhoutjies wat hy gaan haal het.
52•Hy pak die hout onder die rooster en rondom. Net toe hy dit aan die brand wou steek, spring 'n groot dier uit die skoorsteen uit; 'n tweede volg gou en 'n derde daarby.
53•Toe Vérsien en Vérhoor en Fynruik sien hoe hul baas vasgemaak is, pak die eerste twee die mensvreter beet en Fynruik kou gou sy baas se rieme los.
54•"Haal die voordeursleutel uit sy sak, Vérsien."
55•Maar die mensvreter was so bang. Hy neem die sleutel en gooi dit so ver as moontlik van hom af. Die seun tel dit op en sluit die deur oop.
56•Toe kry hy gedagte van die haartjie uit die stert van die heks se kat. Hy raak daarmee aan die mensvreter en meteens verander die ou in 'n steenbeeld.
57•Die ou huisie het inmekaar gesak en jarelank het die ou beeld daar tussen die bome in die donker kloof gestaan. Niemand het geweet hoe dit daar gekom het of hoe lank dit daar staan nie. Mense wat dikwels daar verby geloop het, was seker daarvan dat die ou beeld van die mensvreter sy mond wyd oop maak as 'n kind te laat in die aand daar verby gaan.
1•Ou Kraakbeen, die Mensvreter
2•Die seun wou nie langer hier bly nie. Dit was glad nie 'n lekker buurt om in te woon nie, al was die ou towernaar nog in sy berg van glas opgesluit en die ou heks deur dorings in haar spelonk vasgekeer.
3•Die raad wat die dwergie hom gegee het, sou hy aanneem en na 'n ander plek gaan. Want 'n mens weet nooit nie daardie ou padda kan maar weer terug verander in 'n reus! Hy dank die dwergie vir sy vriendelikheid, roep sy honde en vertrek.
4•Die negende aand kom hulle naby 'n dorp. Net buitekant die dorp lê groot hope bene van alle soorte. Die honde wil nog daar rondsnuffel, maar die seun fluit gou vir hulle.
5•"Nee, hierdie dorp is bekend vir die menigte mensvreters wat hier woon. Ons sal maar vanaand in die veld slaap  dit sal baie veiliger daar wees," sê hy.
6•Hulle het toe verby gegaan en anderkant die dorp onder 'n paar bome kampplek vir die aand gemaak. 'n Vuurtjie om vlees op te braai en 'n lekker sagte bed van bossies om in die vrye ope lug op te slaap, is al wat nodig is vir 'n reisiger. So dink die seun, en gou het hy klaar geëet en gaan slaap.
7•Net toe hy aan die slaap wou raak, sien hy in die verte 'n klein rooi liggie.
8•"Wat kan dit wees? Vérsien sê gou vir my wat dit is."
9•"Baas, ek sien 'n man wat sy been seer gemaak het," blaf die hond.
10•"Wag, ek sal hom gaan help. Dit is goed dat hy 'n lantern het, want anders het ons hom nie raak gesien nie. Bly julle maar solank hier."
11•Die drie honde gaan onder die boom lê en slaap onderwyl die seun na die rooi liggie stap. Hier sien hy 'n man sit. Hy vrywe 'n seer been en die lantern staan langs hom op die grond. In die lig sien die seun dat hy al oud is, met lang skerp tande.
12•"Ag my seun, kan jy tog nie vir my huistoe help nie. Ek het my been seer gemaak en kan nie alleen loop nie," sê die ou man.
13•"Ja seker," antwoord die seun, en hy help die man die hele pad tot by die huisie onder in die kloof. Die man en hy gesels al die tyd.
14•"Jy moet versigtig by daardie dorp wees  daar woon mensvreters," sê die man.
15•"Ja. Juis daarom het ek vanaand liewer hier onder die bome in die kloof kom bly," antwoord die seun.
16•Die man nooi hom binne. Hy sit die lantern op die tafel neer en sluit die voordeur toe. Die sleutel steek hy in sy sak en daarna nooi hy die seun om saam te eet.
17•Die man stap mank-mank agter kombuistoe, terwyl die seun aan die tafel sit. Na 'n paar minute kom die man ewe vinnig terug en die seun merk nou dat die man se been niks makeer nie!
18•"Hier is ons kos. Ek is al net honger. Gee aan jou bord."
19"Die seun wou net sy bord aangee toe hy sien dat die vlees op die skottel mensvlees is! Hy is lam geskrik; die voordeur is toegesluit en hy sit alleen opgesluit met 'n honger mensvreter wat hom hier met 'n skelmstreek gelok het! 'n Plan moet hy maak om weg te kom voordat dit nag is.
20•Hy vertel aan sy gasheer dat hy nie honger voel nie, daar hy al klaar geëet het, en dat dit darem nou tyd is vir hom om terug te gaan anders sal sy honde hom kom soek.
21•"O nee. Mense wat by my kom kuier, gaan nooit weer weg nie," sê die ou mensvreter, Hy staan op van die tafel, trek 'n bankie voor die vuur en sê die seun moet voor die vuur kom sit. Toe die seun op die een ent van die bankie gaan sit, gaan die mensvreter ook daarop sit, by die ander ent. Hulle begin te gesels.
22•"Rook jy?" vra die man.
23•"Nee. Ek weet rook is sleg vir seuns. Ek wil graag sterk en gesond bly en slim wees, daarom rook ek nie," antwoord die seun.
24•Die mensvreter sit so 'n rukkie stil en daarna skuiwe hy nader.
25•"Weet jy wie ek is? My naam is Jan Kraakbeen."
26•Die seun skrik; hy voel warm van benoudheid, want hy het al baie gehoor van ou Kraakbeen, die wreedste mensvreter in die hele land. Weer skuiwe die ou nader na die seun toe en hy sit nou styf langs hom.
27•"Is jy bang vir mensvreters?" vra die ou.
28•"Nee, glad nie," antwoord die seun, maar hy bewe van bangheid en sy hare staan penregop. 'n Plan! 'n Plan moet hy gou maak voordat dit nag is.
29•"Ek bewe van die koue; ek gaan nog 'n bietjie houtjies in die vuur sit," sê die seun en hy staan op en gaan by die vuur sit nadat hy die houtjies daarop gegooi het. Maar ou Kraakbeen staan ook op en gaan regoor sit en elke maal as die seun opkyk, sien hy hoe die ou mensvreter vir hom dophou en dan sy lippe aflek. Weer maak die seun 'n plan.
30•"Oom, ek het drie sulke flukse honde, kan ons nie môre 'n bietjie gaan jag nie?" sê die seun.
31•"Nee, môre bly ek by die huis om kos te kook. Ek gaan lekker jong vlees braai" en weer lek die ou sy lippe af.
32•Die seun was nou so vasgekeer dat hy die aand daar moes slaap. Alleen in 'n klein kamertjie staan 'n bedjie en 'n ou kis. Hy klim in die bed met sy klere aan en maak of hy slaap. Hy snork een stryk deur. Nie te lank nie, of hier kom die ou mensvreter kyk of hy slaap. Die seun loer onderdeur en sien die ou vrywe sy hande, lag so skelm-skelm en lek sy lippe af. Daarna gaan hy saggies weer weg. Die seun voel nou baie onrustig; hy lê nog al die tyd wakker en durf nie slaap nie.
33•Daar hoor hy sagte voetstappe nader kom. Die deur gaan oop, iemand kom tot by die bed. Hy voel sy kombers word van hom afgetrek. Hy wil opspring en skree maar Iê versteend van die skrik. Hy hou die kombers vas, maar weer word daaraan getrek en meteens kry hy 'n hap in die been!
34•Toe vlie hy uit die bed, slaan 'n paar vuishoue in die donker. Hy voel iemand gryp na hom aan sy linkerskouer. Hy gryp na die hand en daar skrik die mensvreter se arme ou kat hom amper dood!
35•Toe die seun sien dat dit maar net die arme onskuldige ou katjie is wat aan sy kombers getrek het en sy been raak gekrap het, wou hy amper lag. Hy neem die katjie, sit hom in sy bed onder die kombers en sê: "Slaap maar daar, ou katjie. Jy is dit seker gewoond, daarom het jy op my bed gespring en my so laat skrik." Onderwyl hy die kat onder die kombers sit, hoor hy weer iemand aankom.
36•"Hier kom die ou mensvreter nou," sê hy en voordat hy nog uit die pad uit kon kom, word hy gegryp en in die ou kis gestop, die deksel val toe en daar sit hy opgesluit.
37•"So 'n ou wreedaard! Hy wil my eers doodsmoor in die kis en dan opeet."
38•"Nee, dit sal hy nie kan doen solank as ons lewe nie," sê iemand in sy oor. Hy voel
39•in die donker kis rond 'n groot harige kop is langs hom.
40•"Fynruik, is dit jy?"
41•"Ja, sit doodstil; hy sal seker kom." Net toe sien hulle deur 'n skrefie in die kis hoe die mensvreter met 'n groot byl in sy hand by die deur inkruip.
42•Voetjie vir voetjie kruip hy nader na die bed.
43•Kaplaks, val 'n hou, net waar die seun se kop sou gewees het!
44•Die kat skrik hom amper dood daar onder die kombers en spring rond om uit te kom.
45•"O, jy roer nog!" sê ou Kraakbeen.
46•Kaplaks! kaplaks! kaplaks! kap die mensvreter weer, drie houe agtermekaar.
47•"Seuntjie, nou sal jy nie meer so kan rondspring nie! Môre sal ek jou lekker braai en eet," sê die mensvreter en hy stap weer uit. Die kat kruip by die voetenent van die bed uit, baie bly dat sy baas hom nie raak gekap het nie, Die seun en sy hond klim uit die kis uit.
48•"Fynruik, hoe het jy ingekom?"
49•"Toe ek die voordeur toegesluit vind, het ek in die skoorsteen afgegly."
50•"Ek sal hier bly. Dit is amper oggend, gaan haal die ander twee honde en probeer die deur oop kry voordat die ou mensvreter wakker word."
51•Die hond is dadelik weg na sy maats by die kampplek, en die seun gaan in die kombuis in die vuurherd sit. Hier was dit so lekker warm dat hy aan die slaap raak.
52•Toe hy wakker skrik, voel hy styf en toe hy wou roer, sien hy vir die eerste maal dat hy styf vasgemaak is op 'n groot rooster waarop 'n mens vlees braai! In die kombuisdeur staan ou Kraakbeen met gevoude arms en 'n wrede grynslag op sy gesig. Hy het wakker geword en opgestaan om die vuur te gaan opmaak. Daar het hy die seun gekry  vas aan die slaap. Gou het hy hom op die rooster vasgemaak en toe die seun wakker word, was die ou net terug met die vuurhoutjies wat hy gaan haal het.
53•Hy pak die hout onder die rooster en rondom. Net toe hy dit aan die brand wou steek, spring 'n groot dier uit die skoorsteen uit; 'n tweede volg gou en 'n derde daarby.
54•Toe Vérsien en Vérhoor en Fynruik sien hoe hul baas vasgemaak is, pak die eerste twee die mensvreter beet en Fynruik kou gou sy baas se rieme los.
55•"Haal die voordeursleutel uit sy sak, Vérsien."
56•Maar die mensvreter was so bang. Hy neem die sleutel en gooi dit so ver as moontlik van hom af. Die seun tel dit op en sluit die deur oop.
57•Toe kry hy gedagte van die haartjie uit die stert van die heks se kat. Hy raak daarmee aan die mensvreter en meteens verander die ou in 'n steenbeeld.
58•Die ou huisie het inmekaar gesak en jarelank het die ou beeld daar tussen die bome in die donker kloof gestaan. Niemand het geweet hoe dit daar gekom het of hoe lank dit daar staan nie. Mense wat dikwels daar verby geloop het, was seker daarvan dat die ou beeld van die mensvreter sy mond wyd oop maak as 'n kind te laat in die aand daar verby gaan.