If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
1•Pa en Ma wou na die stad gaan.
2•"Wat maak ons nou daardie dag met die vier kinders?" vra Pa.
3•"Ons moet hulle maar saamneem," sê Ma.
4•Toe Jan en Piet, die twee oudstes, daarvan hoor, sê Piet vir Jan: "Ek gaan my hond saamneem."
5•"As jy jou hond saamneem, neem ek my var-kie ook saam."
6•"Jou vark sal weghardloop."
7•"Moenie glo nie, ek maak net 'n tou om sy nek vas.
8•Hy kan saam met my loop, en alles sien wat ek sien."
9•Die dag daarna, toe dit nog half donker was, staan Pa eerste op. Hy roep vir Ma en die kinders. Pa het sy beste pak nuwe klere aan, Ma is deftig in 'n nuwe rok. Jan het nuwe velskoene en Piet 'n nuwe hoed. Lank voor die tyd was hulle klaar en by die stasie.
10•Pa koop kaartjies vir almal. Gou is hulle in die trein. Daar kom 'n man, hy sê: "Nee, kinders, julle kan nie die hond en die varkie saameem nie. Ons laat dit nie toe nie. Hulle moet hier bly tot julle terugkom."
11•Jan en Piet kyk mekaar aan.
12•"Piet, ons moet 'n plan maak. Loop jy so effens weg en wys dan vir hom hoe mooi jou hond op sy agterpote kan staan. Ek sal vir varkie gou ingooi en onder die bank wegsteek," sê Jan.
13•Die man wat die kaartjies geknip het, staan en lag vir die snaakse hondjie.
14•"Woeps!" gooi Jan sy varkie onder die bank in.
15•Dis baie donker daar en va-kie hou niks daarvan nie.
16•"Ot-ot-ot-ot!" maak die otjie.
17•"Otjie, hou jou mond of ek gooi jou deur die venster. Dan sal jy jou baas en jou plaas nooit weer sien nie!"
18•Ou Otjie is nou so bang dat hy sommer doodstil sit.
19•Dit is amper tyd vir die trein om te vertrek. Almal is op hul plekke, buiten Maat, die hondjie.
20•"Gee pad voor die venster, Jan. .Ek gaan vir Maat fluit net soos die trein trek."
21•"Vu-u-u-u-u-it!" blaas die fluitjie.
22•"Vuut - vuut - vuut!" fluit Piet by die venster. Toe Maat sy baas hoor fluit, spring hy dwarsdeur die venster!
23•Bo-oor Piet se kop maar op Jan se skoot beland hy. Daar sit almal net lek-ker en lag want die trein is nou al aan die loop. Niemand kan toe afklim nie.
24•"Tjoek-tjoek, tjoek!" trek die trein. Voor tienuur was hulle in die stad.
25•"Kinders, hou vas aan my rok anders raak julle weg," sê Ma.
26•Die kinders het hulle amper verkyk aan al die mense en winkels. "Jan, kyk daardie groot bus!"
27•"Piet, kyk al die mooi speelgoed in die venster."
28•"Aai! Ma! Ma! Ons wil ons speelgoed hier koop," skree al die kinders. Toe gaan hulle na binne. Sjoe, maar hier was dit mooi!
29•"'n Mens weet nie wat om te koop nie," sê Jan.
30•Die seuns het treine gekoop en die meisies het poppe gekry. Maat het 'n nuwe halsbandjie gekry. Varkie 'n strik om sy stertjie.
31•Kom nou!" sê Pa. "As julle nie nou kom nie, laat ek hier agter- bly."
32•"Ja, kinders, kom ons gaan nou malle-mole ry, sê Ma.
33•"Ag my liewe, kyk al die mense! Waarom loop hulle so baie? Kan hulle nie op een plek bly sit nie?" vra Par wat nou al wens dat hy terug op sy stil plaas was.
34•Meteens begin 'n klomp van die mense rond te hardloop.
35•"Wat is nou aan die gang?" vra Piet vir Jan.
36•"O my liewe! Dis my varkie!" skree Jan en hy sit af agterna.
37•Otjie is tussen die mense in. Net waar hy deurspring, val 'n paar oormekaar.
38•"Pas op, Otjie!" skree Jan. Maar Otjie hardloop 'n groot vet konstabel onderstebo!
39•Almal skater van die lag. Net die konstabel is kwaad. Hy soek die otjie, maar Jan het hom gou weggesteek en is terug agter Ma en die ander kinders aan.
40•Toe hulle by die malle-mole kom, is daar al 'n hele klomp kinders. Dit is vrolik. Daar is perde wat pronk om op te ry, en karre om in te sit.
41•Jan en sy varkie sit elkeen op 'n perd. Piet en Maat ook. Hulle het glad nie lus om af te klim.
42•Dit is nou tyd om huis-toe te gaan.
43•Eers donker het hulle by die huis gekom. Almal was moet en het gou gaan slaap. Otjie was so moeg dat hy hy sy baas onder die kombers ingekruip het! Dis net goed dat Ma nie daarvan geweet het nie! Otjie is daarom vroeg die oggend deur die ven-ster gegooi om op 'n ander plek nog 'n bietjie te gaan snork.
44•Die hele familie het maande lank gepraat oor die lekker dag in die stad.