If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
1•Daar was een-dag 'n mooi swart-bont koei. Sy het 'n fraai klein kalfie gehad. Hy was pikswart met 'n spierwit kol voor sy kop. Sy ma se naam was ou Kol en sy naam was Klein Kol.
2•Een oggend vroeg neem Ntati vir ou Kol en Klein Kol veld toe om te gaan wei, Hy ja hulle in die groot kamp en maak die hek toe.
3•So teen die middag toe dit baie warm was, sien Klein Kol hoe sy ma skrik en vinnig weghardloop van iets.
4•Meteens sak sy neer en sy bly stil lê.
5•Klein Kol het nie geweet dat 'n slang sy ma gebyt het nie. Toe hy aan haar gesig lek, maak sy nie eers haar oë oop nie. Klein Kol sien dit word nou donker. Hy raak aan huil.
6•"Ma, Ma. Ek is bang, ek wil huis toe gaan."
7•Klein Kol wil huis toe gaan om vir Ntati Jona te gaan haal. Dan sal sy ma seker ook kom.
8•Klein Kol loop toe na die hek. Toe hy daar kom sukkel hy eers 'n bietjie om die hek oop te kry.
9•Die hek glip oop en klein Kol draf deur. Hy kies die voetpad voor hom.
10•"Dit is mos die pad huis toe," sê hy.
11•Dit was glad 'n an-der pad!
12•Hy het ver geloop toe hy 'n liggie sien. Draf-draf gaan die kalfie daarnatoe.
13•Hier sien hy Ntati met 'n lig by die beestekraal. 'n Klomp jong kalfies is in die kraal opgesluit en Ntati maak die hek toe. Klein Kol is baie hartseer want hv is alleen buite.
14•Ntati sien hom nie en stap weg.
15•Klein Kol stap agter Ntati aan tot by die pondok.
16•"My land! Waar kom jy vandaan? Jy is nie een van die boer se kalfies nie!" Hy neem vir Klein Kol agter die pondok en maak hom met 'n riem aan 'n paal vas. Daar het die kalfie die nag geslaap.
17•Die dag daarna het Ntati se kinders vir hom kos en water gegee. ('Ntati' is 'n respek woord vir 'n man in Sotho)
18•Net toe hul pa weg is, maak die kleinspan hom los.
19•Die stout kinders probeer op Klein Kol se rug te ry.
20•"Nee, ek laat niemand op my rug ry nie!" dink hy.
21•"Woeps!" skop die kalfie agterop!
22•Daar lê die eerste een op die grond!
23•Toe die tweede een ook wil opklim was Klein Kol al kwaad. Die kalfie sit sy kop tussen sy voorpote en daar val die tweede ook. As die kalfie bokspring dan eet hulle sand!
24•"Nee, hier bly ek nie!" dink Klein Kol en hy sit af op 'n draf veld toe.
25•Die kinders is agterna om hom te vang., maar dis net verniet! Daar trek Klein Kol, die kalfie.
26•Toe Klein Kol baie moeg voel, gaan hy onder 'n boom lê. Hy raak aan die slaap. Toe hy wakker skrik was dit al donker.
27•"O, waar is ek dan nou?" Agter 'n boom loer twee groen oë vir hom.
28•"Help, help! Die jakkals wil my vang!" huil hy. Hy hoor daar in die verte 'n hond blaf. Meteens verdwyn die twee blink groen oë. Klein Kol voel nou so alleen en verlore dat hy maar weer met die voetpad aandraf. Hy skrik hom amper lam toe 'n haas by hom verby spring.
29•"Aai, die veld is vol gevaar vir 'n eensame ou kalfie wat nie 'n ma het nie," dink hy.
30•Skielik sien hy 'n kraal voor hom.
31•"Daar is baie kal-fies in daardie kraal. Hoe kan ek ook binne kom?" Hy staan by die hek en loer deur.
32•Toe hy bulk, antwoord die ander kalfies ook. Hy stoot so ef-fens aan die hek, dis oop! Gou glip hy na binne. Hy kyk rond en daar sien hy 'n ma-koei wat nie 'n kalfie het nie! Hy staan by haar en probeer maats maak. Toe lek sy aan die kalfie se kop en daar het Klein Kol 'n nuwe ma!
33•Vroeg die oggend kam Ntati die kalwers uit die kraal ja. Die boer staan daarby.
34•"Oom, kyk die vreemde swart kalfie daar. Dis nie een van ons koeie se kalfies nie."
35•"Nee, dit is nie. Daardie kalfie lyk vir my net soos die kalfie van ou Kol, hoeta Jan se mooi swart-bont koei wat deur 'n slang gebyt is. Wag, laat hom maar by ons kalwers bly tot ek 'n boodskap kan oorstuur." sê die baas.
36•Dieselfde middag kom die boer se broer daar.
37•"Boeta Jan, het jou mooi swart kalfie, Klein Kol, nie weggeraak nie?"
38•"Ja, ek soek al drie dae daardie kalfie!"
39•"Kom kyk hier." Die twee boere stap kraal toe en kyk oor die hek.
40•"Dit is waarlik hy! Hier, jou klein vabond, hoekom het jy van die plaas af weggeloop?" vra die baas van die kalfie.
41•Klein Kol voel net skaam.
42•Hy kyk op na sy baas en bulk so saggies 'n paar maal.
43•"O ja, ek verstaan! Dit was te donker vir jou om die pad alleen huis toe te vind."
44•Baas het darem nie geweet dat 'n wilde dier hom amper gevang het nie; ook dat 'n haas hom byna lam laat skrik het nie!
45•Dit was te ver vir Klein Kol om terug plaas toe te loop. Sy baas het hom op die kar gelaai en hy het lekker gery tot by sy eie plaas. Klein Kol was so bly om vir Ntati Jona weer te sien dat hy waarlik Ntati gesoen het!