If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

BRIEFIES

BRIEFIES

Daar's kinders in ons klas
Wat baie gou kan werk,
Dan sit hul briefies skrywe
So skelm, ongemerk!

Ek was nog vêr van klaar,
Toe pluk een aan my mou.
"Haai! dè Rosie!
Die brief stuur Piet vir jou?"

Juffrou neem die briefie,
Toe voel ou Piet net sleg.
Sy lees: "Gee my 'n soen!"
Maar Piet se kop was weg!

Die klas is pap gelag.
Net Hansie voel nie bly,
Want hy't die brief geskrywe,
Piet sal hom buite kry!