If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

DIE SPOOKSTORIE

Dit was 'n koue winter-aand,
Ons sit daar voor die vuur.
Dis laat, maar niemand wil gaan slaap,
Daar slaan die klok twaalfuur!

Die ligte word nou doodgeblaas,
Ook word die vuur gestook;
En nou vertel ons bang-maak-stories
Van 'n lange, witte spook!

Jan en Piet, wat saam moes slaap,
Is nou al regtig bang.
"Ag Piet, laat ek tog agter
Hy sal vir jou nie vang!"

Dié nag kom iets, met vuurvonk-oë,
Die rook slaan uit die mond;
Altwee kruip weg vir die spook -
Dis "Wagter", hul ou hond!