If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

DIE STOUTE KUIKENTJIE

Donsie was 'n kuikentjie
Wat saam met ma rondloop.

Hier pik, pik, daar krap, krap
En kos kry sonder koop.

"Kinders, bly tog naby my,"
Sê ma-hen baie kwaad.
Donsie luister glad nie goed,
Traak niks oor ma se raad.

Donsie sien 'n vliegie daar,
Wat sy nou na verlang,
Deur die draad en agterna
En vliegie word gevang!

Donsie voel nou so alleen -
Sy het te ver gegaan,
Weet ook glad nie nou waarheen,
Daar val haar eerste traan!

Toe gaan die ma vir Donsie soek.
Sy het 'n pak gekry,
Groot geskrik, en, hard gehuil,
Maar nooit weer weggebly!