If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

DIE WALVIS

Die walvis in die see
Is 'n grote reus,
Hy blaas 'n dik stroom water
Deur sy grote neus.
Die water in die lug
Val in die see terug.

'n Walvis het 'n kalfie,
Wat orals rond baljaar,
In die bloue branders
Waar grote skepe vaar.

So oulik is die outjie,
Hy speel op eie houtjie.

Daar kom die walvis-skip,
Ma-walvis word nou bang.

Die skip ja agterna
Om ma en kalf te vang.
"Kom kindjie, kom tog gou!"
Weg! in die see so blou.