If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

DIE WIND

Nuuskierige mense vra vir ons
Waar kom die wind vandaan?
Slimme mense vertel ons dit,
Ook waarnatoe hy gaan.
Maar die ou, ou mense vertel vir ons,
Dat hulle almal glo
Aan 'n man met lang wit baard en vlerke
Wat woon op die berge daarbo.

Sommige sê hy 't 'n grote sak
By hom op die berg,
Dis baie groot, en propvol wind,
Waarmee hy mense terg.
Soms gaan die sak so effens oop
En van die wind kom uit,
Wat dan moedswillig, woedend kwaai,
Oor die aarde skeur en fluit.

Hy karring die see ook vol wit skuim,
Hy buig die bome krom,
Hy waai die wolke stof omhoog,
Hy waai pondokke om.
Soms as die kinders skool toe gaan,
Vang hy hulle om die draai;
Hoede, boeke, kos en kinders
Word sommer weggewaai!