If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

MY VELSKOENTJIES

My velskoentjies, 'n stok-ou paar,
Lê wag daar op die vloer,
Die hele nag daar langs mekaar
Lê onder bed uit loer.

Soggens trek ek hulle aan.
"Velskoentjies, kom gly !
Vandag is daar nie kans vir staan,
Vanaand is julle eers vry."

Raai! één het in die dam geglip
En dryf toe ver van my,
Maar met 'n stok daar op die klip
Krap ek hom toe na my.

Pas op! Die klip is baie glad
My voetjies het gegly,
Plaks! daar in 'n modderbad ...
Maar ek het hom gekry!

My velskoentjies verstaan mekaar,
Want, sonder om te praat,
Draf hulle weg van groot gevaar,
Vinnig oor die straat.

Ek was na hulle nou regtig gek,
Ek wou hulle nooit verstoot
Maar ag!
My voetjies het gerek,
Nou's ek vir hulle te groot!