If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

'n Leeustorie

Elke aand kom Ntati staan
Voor die kombuis se vuur,
En dan vertel hy vir ons stories
Van menig' avontuur.

Almal sit dan rondom hom,
Luister ope mond,
Harte klop soms in die keel,
Die oë groot en rond.

"Seuns, glo my!" sê ons Ntati,
"Dit was 'n donker nag,
En by die uitspan brul die leeus,
Ek wou nie langer wag!"

"'n Leeu brul sommer in my oor,
My peperkorrels bewe!
Die leeus skree nou om Boesman-vleis
Sal ek nog môre lewe?"

"Ek vang die donkies in die donker,
Span hulle voor die wa;
Maar, Seuns, toe dag breek, sien ek
Dis leeus wat ek mee ja!

"Die wa vat grond so hier en daar,
Ek drywe nou vir spog.
Die rieme breek, die wa slaan om,
Die leeus? hulle hardloop nog!"