If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

OP DIE WERF

Ounooi gee haar hoenders kos,
Saans as die son net sak,
Vinnig kom hulle uit die bos
Vir mielies uit die bak.
Kiep! kiep! kiep! roep sy daar,
Mielies strooi sy rondom haar.

Ou kalkoen die pronk daar rond,
Die ganse maak lawaai,
Kuikentjies pik van die grond
Die mielies wat sy saai.
Koek-ke-le-koe! kraai die haan,
Dis tyd dat julle bed toe gaan.

Kuikens weet van vroeg gaan slaap,
Net kinders is so dom -
Die laat gaan slaap, laat hulle gaap
As hulle moet skool toe kom!