If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

DIE SPRINGBOKKIE

Die oggend-son straal oor die koppies,
Val op die lang gras daar,
Waar springbokkie so rustig wei,
Veilig van gevaar.

Maar skielik staan hy bot-dood-stil,
Kyk na die boer se plaas -
Hoor in die verste verte daar
Hoe die honde raas.

"Dit is nog vroeg, maar darem tyd
Dat ek van hier moet vlug,
Springbok is my regte naam,
Hoog spring ek in die lug!"

Vér oor die vlaktes soos die wind -
'n Pyl so uit sy boog -
Is springbok met sy bokspring weg
Net gou-gou uit die oog!