If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Wors-Braai

Dis eet-tyd in die veld,
'n Vuurtjie moet ons maak
Om lekker wors te braai
Op kooltjies wat so kraak.

Elkeen bring 'n tak.
Die rooster staan aI klaar.
Op kooltjies warm en rooi,
Maak ons die wors nou gaar.

Die lang dik wors braai vinnig,
Van ver af ruik ons dit.
Ons pluk nou gou eers bossies,
Om lekker sag te sit.

Ons skink ook nou die koffie.
So honger en so dors,
Hoor ons een skree "Vang hom!"
Daar trek die hond en wors!