If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Rachel de Beer (vertelling)

Baie baie lank gelede, in 1843 het die De Beer gesin van die Kaap na die oos-Transvaal getrek. In die winter het hulle op die hoëveld oornag. Dit gesin se gunsteling kalfie, Frikkie was weg, en almal het help soek. Rachel was 12 jaar oud en haar boetie was ses jaar oud. Die twee van hulle het saam gaan soek. Toe begin dit sneeu. Die hele wêreld was wit en hulle het verdwaal, hopeloos verdwaal. Dit was nou baie koud en Rachel het geweet dit sal binnekort donker wees.

Pappa en Mamma het al die beeste gaan haal, en die beeste in die kraal gaan jaag. Hulle het geskree, gefluit, en geroep, maar die nag was stil.

En toe sien Rachel 'n miershoop. 'n Aardvark het reeds die miershoop uitgehol. Sy het dadelik 'n plan -- sy vat 'n stok en maak die gat groter. Sy sê toe vir haar broer, "Kom klim in die miershoop." En Rachel het ook probeer om in die miershoop te klim. Maar daar was nie plek vir Rachel en haar boetie nie. So, sy het net halflyf in die miershoop gesit. Dit was baie koud vir haar boetie. Hy het gebewe en begin huil. En Racheltjie het vir hom gesê, "Petrus, hier is my truitjie. Kom ek sit dit oor jou." Maar haar boetie het nog baie gebewe, toe trek sy haar rokkie uit en sit dit oor hom en sit weer voor die gat.

Mamma en Pappa het geroep en geroep en geroep. Maar daar was nie 'n antwoord nie. En Pappa het gesê, "Ons moet nou hulp kry. Iemand moet ons help!" Pappa het na die bure gegaan en vir hulle gevra, "Het julle vir ons kinders gesien? En hulle het gesê, "Nee, wat is die probleem? En Pappa het gesê, "Asseblief, kom help my. Hulle het na Frikkie gaan soek en hulle is weg. Die hele nag, met lanterns het hulle na die twee kinders gesoek. Vroeg die volgende oggend het Mnr George de Beer sy dogter gevind. Hy het dadelik van sy perd afgeklim en voor haar gekniel en haar saggies in sy arms getel. Sy was stokstyf. Toe vind hy sy seun ook in die miershoop. Hy was styf van die koue maar hy het nog geleef.

Hierdie mooi en brawe dogtertjie se liefde vir haar boetie is vandag nog iets wat pragtig is vir almal wat daarvan hoor.