If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

E

'n Eed aflê.To take an oath.
Die een of ander persoon.Some person or other.
Die een sê sus (dit), die ander so (dat).Some say yes and some (others) say no.
Sy een been is af.His leg is broken.
Die een probleem na die ander.One problem after another.
Op een na.All but (except) one.
Ons het dit oor die saak eens geword.We came to an agreement on the matter.
Hy doen sy familie eer (oneer) aan.He is a credit (disgrace) to his family.
Jy het sy eer te na gekom.You wounded his pride.
Op my eer.Upon my honour.
As ek maar eers daar kom.Once I get there;if I can only get there.
Dit moet nog eers blyk of hy saamstem.It remains to be seen whether he will agree.
Dis vir eers genoeg.It's enough for the time being.
Dit was die eerste keer dat ek dit gedoen het.It was the first time I had done it.
Ek het jou in eeue (eeue lank) nie gesien nie.I have not seen you for ages.
'n Taal jou eie maak.To master a language.
Hy is eie by ons.He feels (is) at home amongst us.
Hy is eie met ons.He is familiar with us.
Op eie houtjie.Off one's own bat (on one's own initiative).
Uit eie beweging.Of one's own accord.
'n Halwe eier is beter as 'n leë dop.Half a loaf is better than no bread.
Ten einde.In order to;with a view tO.
Ten einde raad wees.To be at one's wit's end.
Te dien einde.For that purpose.
Die jaar loop ten einde.The year is drawing to a close.
Daar moet 'n einde aan kom.That must stop.
Teen die einde van die jaar.Towards the end of the year.
Het jy ekskuus gemaak vir jou gedrag?Have you apologized for your conduct?
Ek vra om ekskuus.I beg your pardon.
Ek en 'n vriend.A friend and I.
Maak 'n end daaraan.Put a stop to it.
Van die een end tot die ander.From end to end.
Hy is sonder end.There is no end to him.
Hy is 'n hele ent in die sewentig.He is well on in his seventies.
Ek hou van altwee ewe veel.I like one as much as the other.
Hulle is ewe oud.They are of the same age.

F

Hy is familie van ons.He is related to us.
Hy het die ding fyn en flenters geslaan.He smashed the thing to smithereens.
Hy gee nie 'n flenter om nie.He does not care a rap.
Ek het hom flink (goed) die waarheid gesê.I gave him a bit of my mind.
Flou val (word).To faint.
'n Flou grap.A silly (feeble) joke.
Flou lig.Dim light.
'n Fout begaan.To make a mistake.
Fyngedrukte aartappels (Kapok aartappels).Mashed potatoes.
Hy is fyn uitgevat.He is smartly dressed.
Hy het fyn (verfynde) maniere.He has refined manners.